kategorieë: Reis

Reis na Londen

Gedurende die somermaande is Londen ongelooflik mooi, warm en oral waar jy kyk is dit groen!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As mens jouself vir die eerste keer in Londen se middestad bevind, kan jy amper nie help om heeldag oopmond rond te loop en jouself te vergaap aan die ou geboue, die ikoniese Big Ben, Tower Bridge en die London Eye nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om die Londen-ondervinding in ’n neutedop vas te vang, gaan ek die hoogtepunte uitlig. Die lys van “moet doen dinge” bevat beslis die volgende:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Besoek die ondergrondse treinstasie en ry op een van die treine. Daar is oral mense wat meer as gretig is om jou te help uitpluis waar jou bestemming is en wat die maklikste manier is om daar te kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Besoek die waks-museum Madame Tussaud’s, die London Dungeon en die London Eye. (Daar is pakette wat jy kan koop wat die 3 besienswaardighede ’n paar pond goedkoper maak.)

• Daar is soveel historiese geboue, elk met ’n spesiale storie aan verbonde en die beste manier om dit te sien, is vanuit die rooi Hop On Hop Off-busse.

Die busse ry en stop by al die bekende landmerke en ’n toergits vertel jou alles wat jy dalk sou wou weet oor elke plekkie.

• Een plek wat ons verseker wou besoek was die Stonehenge. Dit is so 90 minute se treinrit buite Londen en is seker een van die mees omstrede Wêreld Erfenis Gebiede.

Die massiewe klippe wat op spesifieke plekke/maniere op en rondom mekaar neergesit is, het mense al laat kopkrap oor waar dit vandaan kom, hoekom dit daar is en hoe mense dit eeue gelede reggekry het om die klippe van so +/- 30 ton elk so ver te vervoer en spesifiek te pak. Daar word gereeld nog seremonies en spesiale feestyel by die Stonhenge gereël. Dit is beslis die moeite werd om te besoek.

• Vir die beste inkopie-ervaring word Oxford Street aanbeveel. Daar sal jy die jongste modes van bekende handelsname, die lekkerste kosse en skoonheidswinkels aantref. Daar is iets van alles, so maak seker jou beursie is vol geld en jy het genoeg tyd om die straat aan te durf.

Ek het verlief geraak op Londen – die kultuur, die energie en veral die gesofistikeerde leefwyse. As jy nog nooit die stad besoek het nie, dan mis jy uit. Daar is werklik iets vir almal om te geniet.

Sue Duminy

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: reislonden

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

13 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

14 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

15 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

16 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

18 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.