kategorieë: Blogs

Reis na Indië: deel 2

Met ons aankoms in die afgeleë militêre dorpie, Leh, voel ons ’n oorweldigende gevoel van moegheid, angs, hartkloppings en duisligheid. Vinnig verseker die lugwaardin ons dat dit heeltemal normaal is en dat dit ons 24 uur sal neem om aan te pas by die nuwe hoogte waar daar 25% minder suurstof is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het in die pragtige dorpie Saboo tuisgegaan. Die eerste opvallende kenmerk was die kraakvars lug, besoedeling is ongehoord. Terselfdertyd is die lug skerp as gevolg van weerkaatsing vanaf die wit “Himalaya”-bergreeks wat se pieke in die wolke verdwyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So, waarom Leh?

Leh, geleë in die staat van Ladakh, is bekend vir sy staproetes. Leh is ’n prentjie van groenigheid, bruin sand, wit bergpieke en helderblou waterstrome van die Zanskar-rivier wat om die Himalaya-berge vleg. Dan is daar ook die Panong-meer, die kristalhelder water wat oor ’n area van 100 km strek en oor twee grense, Indië en China.

Ons het besluit om vir ’n dag uit te ry na die oudste klooster in Indië – “Lamayuru” wat dateer uit die tiende eeu en wat vandag ongeveer 140 monnike huisves. Gedurende ons reis bevind ons onsself in die mees ongerepte landskappe. Een daarvan staan bekend as “Moonlanding” en lyk kompleet asof jy op die maan is!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy voel jy het ’n vakansie nodig om jou siel weer te verryk en jou gedagtes te herlaai, is Leh die plek wat jou sal help. Die doodse stilte is ’n nuwe geluid om aan gewoond te raak, die mense is ongelooflik behulpsaam en die kos (wat alles plaaslik gegroei en verwerk word), laat mens ook net weer besef hoe organiese aartappels en vars melk veronderstel is om te proe.

As die werkstres te veel raak, skryf vir jouself ’n voorskrif voor vir 10 dae in Leh.

Tot volgende keer!

Groete uit ’n vars en koue Leh.

Foto’s: www.shireenlouw.com. Besoek ook www.inspiredwomen.co.za vir meer besonderhede.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

6 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

7 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

8 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

10 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.