Op Nuwejaarsdag, net voor die middag-uur, trek die plaaslike mense by die Hare and Hounds-pub in die semi-landelike Crowton saam om die uittog van die jakkalsjagters te beskou. Dit was ’n belewenis om die pragtige perde en fyn uitgevatte ruiters te sien. Jy kan die spanning en afwagting aanvoel wanneer die beuel geblaas word en die honde opgewonde blaf.
Kyk hier na die video:
*Lees ons volledige artikel, “Betowerende Cheshire”, in die Oktober 2016-uitgawe van rooi rose.