Voorverhit die oond tot 180 ºC en berei ’n koekpan voor met ’n deursnit van 25 cm en ’n diepte van 6 cm.
Room die botter en die suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergele een vir een by.
Smelt die sjokolade en laat effens afkoel.
Vou die sjokolade in die eiermengsel in, asook die gemaalde amandels.
Voeg die kakao, aartappelmeel en bakpoeier by die sjokolademengsel en roer die lemoensap by. Geur met die likeur, vanieljegeursel en lemoenskil.
Voeg die sout en kremetart by die eierwitte en klits tot stywe punte. Vou die geklitste eierwitte sagkens bietjie vir bietjie by die sjokolademengsel in.
Giet die mengsel in die voorbereide koekpan en bak vir ±45-50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Maak die kante los wanneer die koek gaar is, maar laat in die koekpan afkoel.