kategorieë: Ons menseBekendes

Reg vir aksie: Shana Mans oor haar toekomsdrome en rol as Lorrie

In Nêrens, Noord-Kaap Deel II is die las wat Lorrie dra baie swaarder as in Deel I. Shana Mans vertel oor hoe sy vir die verfilming voorberei het, haar agting vir haar medespelers en haar drome om ’n aksiefliek te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het Lorrie in Deel I leer ken, maar in Deel II gaan sy deur soveel meer. Hoe het jy vir Deel II voorberei?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe ek vir die eerste keer Deel II gelees het, het ek vir ’n dag gepanic en dit toe begin proseseer. Dis wonderlik wanneer ’n skrywer soos Nico voel hy kan jou as ’n akteur uitdaag, maar dan wil ’n mens seker maak jy is so eerlik as moontlik. Ek glo dat navorsing ’n groot deel van voorbereiding is, en dit het my gevang en gelei wanneer ons oomblike van improvisasie op stel gehad het. Die res was maar net my eie drome, vrese en hart.

Met Deel I het jy vertel dat jy nie eens geweet het hoe om ’n skaap te vang nie. Het daardie deel van Lorrie se lewe vir jou makliker geraak?

Ja, ek het toe vinning geleer skape vang! Lorrie se veeartstonele was my gunstelingdae op stel. Mens spandeer so baie tyd in ’n karakter se gedagtes en in hulle woorde, so wanneer ek ’n kans kry om regtig die skaap te vang, te ondersoek of selfs die bakkie te bestuur, word ek sommer opgewonde. Ek hou van fisies betrokke raak en geniet die leerkurwe wat daarmee kom. Challenge accepted!

Jy het verskeie tonele teenoor Pa Lourens (Frank Opperman) en Frans (Geon Nel). Wat sal jy altyd van hierdie tonele onthou?

Hulle gee nie eens vir mens die kans om senuweeagtig te voel nie. Albei van hulle is oop en approachable. Geon is nou ’n vriend en elke toneel wat ons saam gedoen het, het gevoel soos spanwerk. Én ’n magic show (Geon is ’n uitstekende kulkunstenaar.) Ons sou repeteer en dan haal hy ’n klippie agter my oor uit, of hy laat iets verdwyn.

Ek is net dankbaar vir die geleentheid om tussen groot akteurs soos dié in NNK te speel. Dis ’n geleentheid om te leer en te verbeter. The company you keep, and all that.

Ek het ook ’n hele paar tonele saam met Tannie Ans (Marion Holm) in Deel II gehad en daaroor was ek vreeslik opgewonde. Marion se toneelspel is soos een van die beste lucky packets wat jy kan oopmaak, en ek was gelukkig genoeg om dit ’n paar keer te kon doen. Sy verras jou elke keer -dit was wonderlik.

Lees ook: Van Tannie Ans tot Marion Monroe: Marion Holm is ’n aktrise vol verrassings

Wat was vir jou die hoogtepunte met die maak van NNK Deel II?

Ek voel of ek op ’n kamp saam met my vriende gegaan het. Ek was net vir twee weke op stel in die Noord-Kaap, so ek het amper elke dag ’n vol dag gehad. Ons het vinnig tussen tonele beweeg en dit was intens, maar die mense was lekker. Ek het elke oggend opgestaan en heeldag gaan doen waarvoor ek lief is, saam met mense wat passievol is. Dis die droom. Die hele ervaring is ’n hoogtepunt.

Wat is jou beste raad aan Lorrie?

Jy kan nie almal red nie.

Jy woon die afgelope ruk in Engeland. Waarmee hou jy jouself besig? En is die skuif permanent?

Ek jaag steeds my drome na, maar dis makliker gesê as gedaan. Ek voel of die laaste twee jaar op ’n steil leerkurwe was, en daar is nog soveel meer om uit te werk. Gelukkig is ek nie alleen nie. Ek het in die laaste paar maande met stunt training begin sodat ek nog ’n vaardigheid in my akteur-gereedskapkas het en kan sê “I do my own stunts”. Ha-ha! Dit hou my baie besig tussen oudisies en shoots.

Ons het vier keer in twee jaar getrek en dit voel of ons nou eers begin settle. Ons het hierdie somer ’n hond gekry en haar sommer ‘Pampoen’ genoem. Ek praat beslis meer Afrikaans in die huis! Ek glo nie in enigiets half doen nie, so vir nou is die skuif permanent. As die lewe ander planne vir my het, dan sal ons dit vat soos dit kom.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

My ouers, my sussies en my beste vriendin. Die sonskyn en die see.

Watter rol hoop jy kom nog op jou pad?

Ek wil die volgende Lara Croft speel. Hulle sê ‘dress for the job you want’. Ek oefen toertjies sodat ek voorbereid is vir wanneer die geleentheid kom. Ek sal ook ’n rol soos Annie in die reeks, Good Girls aangryp.

Wat is jou droom vir 2025?

Hierdie jaar is ek ekstra dankbaar vir gesondheid en geluk en ek hoop dit bly so vir 2025. Ek sal graag my eerste rol in ’n aksiefilm wil vertolk en ek wil volgende somer beter volleyball speel. Alles anders kan my maar verras.

Nêrens, Noord-Kaap Deel II wys Dinsdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Sterk, liefdevol en eerlik: Ilse Klink oor haar rol as Maggie in ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Sukkel jy om te slaap? Ons deel ses oplossings vir ses moontlike probleme sodat jy…

19 hours Gelede

GARDENA se tuinwenke en -idees vir herfs

Die dae word korter en die lug koeler en herfs bring ’n unieke sjarme en…

22 hours Gelede

Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner

Jou selfoon is dalk jou regterhand, maar navorsers het al ernstige bakterieë soos MRSA, Ecoli…

1 day Gelede

Redes hoekom jou neus maklik bloei

Jy vra: Hoekom bloei my neus so maklik? Ons het die redes gaan uitvind. #rrGesondheid

2 days Gelede

Sewe toekennings later… nou is ‘Som van Twee’ in fliekteaters te sien!

Die goeie nuus is dat dié feestreffer nou in fliekteaters landwyd te sien is.  …

2 days Gelede

Vandag is Wafeldag! Hierdie is die beste-este wafels

Genoeg vir 6     Bestanddele   250 g repiesspek 100 g pekanneute 15 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.