kategorieë: KalenderOntspanning

Reeva Steenkamp-stigting ontbyt

Die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting sal gasheer speel vir ’n bemagtigingsontbytgeleentheid op Saterdag 9 September 2017 om fondse in te samel en om bewusmaking te skep vir dié organisasie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie geleentheid, wat by die Balalaika Protea Hotel in Maudestraat, Sandown, sal plaasvind tussen 09h00 en 12h30 is een van drie jaarlikse ontbytgeleenthede wat oor die land gehou word. Kaartjies kos R250.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis gassprekers by hierdie geleentheid sluit in Reeva se ma, June Steenkamp, en die aktrise Annie Malan. Die seremoniemeester is die bekende grimeerkunstenaar Gina Meyers en die vermaak sal verskaf word deur sangeres Tamara Dey.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

‘n Demonstrasie sal aangebied word deur Mark Grobbelaar, ’n 6de Dan Karate-kenner, wat sy werk in ’n korporatiewe omgewing opgegee het om ’n stigting te skep genaamd Woman INPowered (WIP). Hierdie stigting mik om vroue vaardighede te leer sodat hulle bemagtig is in lewensgevaarlike situasies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die inspirasie agter WIP is Alison Botha, wat hierdie program ondersteun. In Desember 1994 is Alison buite haar huis ontvoer deur twee mans. Sy is verkrag, met messe gesteek en ontwei. Hulle het ook haar keel oopgesny en haar gelos om te sterf. Alison het oorleef. Sedertdien het sy ’n motiveringspreker en skrywer geword en was haar verhaal ook die onderwerk van die dokumentêre film, Alison, wat die eerste Suid-Afrikaanse film is wat by die Los Angeles Dances with Films-fees geskou is.

Ons huidige Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, het hierdie kursus bygewoon en noem dat dit haar gehelp het gedurende ’n gepoogte kaping vroeër hierdie jaar.

Die hoof-uitvoerende direkteur van die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting, Kim Martin sê: “Ons is baie opgewonde om gasheer te wees vir hierdie bemagtigingsontbyt in Johannesburg. Gaste kan uitsien na ’n heerlike oggend met baie pryse, inspirerende sprekers en goeie vermaak. Al die opbrengste van hierdie ontbyt sal gebruik word om vroue te bemagtig en op te voed oor mishandeling. Ons is net-net meer as ’n jaar al aan die gang en ons kon dit nie doen sonder die vrygewigheid van ander nie.”

Verdere inligting

Datum: Saterdag, 9 September 2017

Plek: Balalaika Protea Hotel in Maudestraat, Sandown

Tyd: 09h00 – 12h30

Koste: R250 per persoon.

Ontbyt en vonkelwyn is ingesluit by die koste en elke gas sal ’n geskenkpakkie ontvang. Om vir hierdie geleentheid te bespreek, stuur ’n e-pos aan ruth@reevasteenkampfoundation.org

Besoek ook die webblad vir verdere inligting

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.