1 groot komkommer, met ’n groenteskiller in linte gesny
4 selderystokkies, met ’n groenteskiller in linte gesny
1 avokado, in skyfies gesny
½ botterskorsie, geskil en in linte gesny
4 middelslagwortels, in linte gesny
100 g aarbeie, sommige heel en ander middeldeur gesny
100 g kersie- en romatamaties, sommige heel en ander middeldeur gesny
100 g waatlemoen, geskil en in skywe gesny
160 g vars klapperbrokkies
80 g kruieslaaiblare
30 ml (2 e) gemengde swart en wit sesamesaad.
Instructions
Slaaisous
Gooi al die bestanddele in ’n glasflessie, skroef die deksel op en skud die sous tot dit goed gemeng is. Hou eenkant.
Slaai
Pak die verskillende groente en vrugte in hopies langs mekaar op ’n mooi opdienbord. Rangskik dit sodat jy verskillende teksture en kleure langs mekaar het. Sprinkel die slaaiblaartjies, slaaisous en sesamesaadjies net voor opdiening oor.