Serves:Dit maak 1 kleurryke koekNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Ons het elke laag koek gekleur en ook gegeur met aarbei-, lemoen-, peperment-, tutti-frutti- en kersiegeursel om elke hap ’n verrassing te maak. Jy kan die geursel weglaat as jy wil.
4 ekstragroot eiers
275 g (310 ml) strooisuiker
300 g (500 ml) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) melk
100 g (100 ml) botter
6 verskillende jel-kleursels en voedselgeursels
basiese meringue-versiersel
Instructions
Italiaanse meringue-versiersel
Genoeg om 1 groot koek toe te smeer
1 Klop 110 g eierwitte met ’n elektriese menger tot sagtepuntstadium en voeg 30 g strooisuiker by. 2 Verhit 300 g strooisuiker en 100 ml water oor lae hitte in ’n klein kastrol. 3 Draai die hitte hoër en verhit tot 113 °C. 4 Gooi die suikerstroop in ’n egalige stroompie by die eierwitte en klop tot die mengsel heeltemal afgekoel het.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Smeer 3 x 17,5 cm-koekpanne met botter en voer met bakpapier uit. 2 Room die eiers en suiker tot liggeel, glad en donsig. 3 Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou in die eiermengsel in. 4 Verhit die melk en botter in ’n kastrol oor lae hitte. Roer die melkmengsel en vanieljegeursel in die beslag in. Verdeel die deeg in 3 gelyke dele en kleur elkeen ’n ander kleur. 5 Verdeel gelyk tussen die panne en bak vir 10-15 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek vir 10 min. in die panne afkoel, keer op ’n metaalrak uit en laat heeltemal afkoel. 6 Smeer ’n dik laag versiersel op die drie koeke. 7 Sit die koeke opmekaar en druk liggies vas. Smeer die hele koek met versiersel en sit in die yskas tot benodig.