Italiaanse meringue-versiersel Genoeg om 1 groot koek toe te smeer Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Smeer 3 x 17,5 cm-koekpanne met botter en voer met bakpapier uit.Reënboogkoek
Ingredients
Instructions
1 Klop 110 g eierwitte met ’n elektriese menger tot sagtepuntstadium en voeg 30 g strooisuiker by.
2 Verhit 300 g strooisuiker en 100 ml water oor lae hitte in ’n klein kastrol.
3 Draai die hitte hoër en verhit tot 113 °C.
4 Gooi die suikerstroop in ’n egalige stroompie by die eierwitte en klop tot die mengsel heeltemal afgekoel het.
2 Room die eiers en suiker tot liggeel, glad en donsig.
3 Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou in die eiermengsel in.
4 Verhit die melk en botter in ’n kastrol oor lae hitte. Roer die melkmengsel en vanieljegeursel in die beslag in. Verdeel die deeg in 3 gelyke dele en kleur elkeen ’n ander kleur.
5 Verdeel gelyk tussen die panne en bak vir 10-15 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek vir 10 min. in die panne afkoel, keer op ’n metaalrak uit en laat heeltemal afkoel.
6 Smeer ’n dik laag versiersel op die drie koeke.
7 Sit die koeke opmekaar en druk liggies vas. Smeer die hele koek met versiersel en sit in die yskas tot benodig.