10 Redes hoekom ons mal is oor mussies
Deur Zané Wegner. Hooffoto Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Hier is 10 redes hoekom ons mal is oor mussies:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
- Niks kan ’n bad hair day so goed wegsteek soos ’n mussie nie – veral as die oorsaak waterbeperkings of die Kaap se nare suidooster is.
- Daar is iets omtrent mussies wat, nes serpe en stewels, nooit uit die mode sal gaan nie en altyd ’n klassieke, tydlose item bly.
- Die bonus van mussies is dat dit jou kop en ore heerlik warm en snoesig hou.
- Daar bestaan ook nêrens een soort of styl mus nie. Speel met style in dik, bonkige wol of klein stekies breiwerk.
- As dit só koud is buite, is dit nie prakties om jou juwele saam met jou uitrusting uit te stal nie, kies eerder ’n pragtige mus met jou uitrusting.
- ’n Mens moet nooit bang wees om vurige rooi of sonskyngeel te dra nie: ’n Tikkie kleur hier en daar bring vrolikheid op enige grou dag.
- Probeer om nie net eenkleurmusse te dra nie, speel met verskillende patrone.
- Jy hoef nooit te wonder of ’n mussie saam met jou uitrusting sal pas nie – mussies is sjarmant en lyk oulik by als.
- Mussies gee ons net daardie snoesige gevoel. As jy mussies dra weet jy dit is koud, maar slegs koud van buite – en warm van binne.
- Mussies is ’n moeitelose item wat jy halfpad by die deur uit oor jou kop kan trek en steeds mooi lyk.
Lees ook: Brei ’n mussie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Onlangse plasings
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.