kategorieë: Dynamic Content

Redakteursbrief

Valiant se rubriek hierdie maand het my gedagtes op ver paaie geneem. Hy praat van sensoriese dinge wat jou geheue prikkel, maar nie net prikkel nie, maar jou neem na ’n vergange tyd en plek asof jy nou daar is! Dis veral waar van jou reuksintuig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer ek die tuin natlei en die waterruik uit die droë grond opstuif, is ek in my ma se groentetuin op Vanstadensrus. Speel ek met my vingers in seesand, is ek terug onder juffrou se tafel in die tweemanskooltjie op dieselfde dorpie, voor ek nog amptelik skool toe is. ’n Mufreuk neem my terug na die vertrek onder die kerksaaltjie op Stutterheim waar ek tussen rakke vol ou boeke kon wegraak en na hartelus lees (ek was omtrent nege).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die reuk van naaldbome, blaarmolm en misreën neem my na die boswêreld by Kologha daar naby, waar ons langs waterstrome gestap het tot by lieflike watervalle onder koeltebome wat die son heeltemal uitsluit. Reën op ’n nat pad neem my terug na Rouxville, ’n klompie jare later, waar ons skool toe gestap het met die breë stofstrate langs. Die kanselkleed van ’n ou preekstoel bring my my pa in sy toga weer helder voor die oë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Spesifieke klavierklank, of die speel van ’n toonleer, en ek is dadelik terug in mev. Sarie Serfontein-Theron se huis daar naby die Konservatorium in Potchefstroom waar ek vroegoggend sanglesse gehad het.

As ’n baba op ’n spesifieke manier huil, of ’n kind klokhelder iewers lag, is ek terug by my kinders se kleintyd. Die geheue is ’n wonderbaarlike ding, en verryk jou lewe op soveel maniere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Niks wat eens was, is ooit heeltemal weg nie. Dis ook belangrik om daaraan te dink dat ons elke dag in die oomblik moet leef om genoeg mooi herinneringe bymekaar te maak vir die droë, bitter alleentye wat dalk wag.

So weef ons die tapisserie van ons lewe vir ’n later tyd, wanneer ons dalk met ouer vingers daaroor gaan streel om die kleure en teksture van ’n lewe wat verby is te probeer raakvoel … ’n stukkie onthou wat die hart verwarm en die bloed vinniger deur die are laat bruis.

Tot volgende maand, die Kersuitgawe!

Martie

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.