Die African Extracts Multi-Purpose Tissue Oil vir jou gesig, liggaam en hare is die perfekte alles-in-een-skoonheidsbehandeling vir velle wat bietjie ekstra liefde en vog nodig het, veral gedurende die kouer maande. Droë en gedehidreerde vel kan maklik voorkom word danksy die antioksidante binne Bio-Active Rooibos-aftreksel en natuurlike plantgegronde olies.
Hier is vyf redes waarom jy hierdie velolie moet kies om jou vel hierdie winter te voed en te beskerm.
1. Dis so veelsydig
Ons sê dis veeldoelig, want dis werklik so – dit bring lewe terug na moeë of kroeserige hare (of baarde!) en maak enige fyn lyntjies glad, en herstel weer droë hakke en naels wat breek. Voeg ’n spuit of twee by jou aandbehandeling of by jou vogroom vir ekstra bevogtiging. Hernu jou vel deur dit in jou arms en bene in te vryf. Fokus op droë gedeeltes, rekmerke en letsels om enige droogheid te herstel en kleur orals egalig te maak.
2. Dis 100% natuurlik
Die natuurlike soet amandel-en-druifsaadolie (en geen sintetiese mineraalolie) wat gemaak is om te bevog, bevat geen toegevoegde geure, kleurstowwe of preserveermiddels nie – dit bestaan bloot uit suiwer natuurlike goedheid.
3. Dis klinies bewys
Onafhanklike studies het waarneembare resultate in ses weke getoon. Jy kan ook ons vyfsterresensies deur gelukkige kliënte lees, en na die werklik inspirerende foto’s van voor en ná kyk.
4. Dis bekostigbaar
Teen net R147,99 bied hierdie velversorgende behandeling werklike resultate sonder om jou ’n plaas se prys te kos.
5. Dit word plaaslik gemaak
African Extracts, wat in Kaapstad vir Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners gemaak word, is ’n trots Suid-Afrikaanse handelsmerk wat deur Beauty Without Cruelty onderskryf word.
Lees ook: Was jou grimeerkwassies reg