Recklizz maak moles
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Doef! “Dêm.” Ek kén moeilikheid as ek dit sien. As Ma net nie so verstrooid was nie, het ek nie nodig gehad om op my nugtermaag te kom melk koop nie. Sy sit al dae lank voor die tikmasjien (sy weier om ’n rekenaar te gebruik, want die ding backchat haar glo) en swets haar jongste manuskrip aanmekaar – ’n hoop opgefrommelde papierbolle wat oor die vloer gestrooi lê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }En hier sit ek nou. Recklizz, my negentientoet Morris, het in iemand vasgery. Dié iemand is besig om woedend op my af te pyl. Moeilikheid met ’n laaang oei, as jy my vra! As haar wiele net grondgevat het, het ek sweerlik vir Recklizz in rat probeer kry en gejaag dat die klippers spat. Uit hierdie een gaan ek nie maklik kom nie. Strategie? Dom. Pateties dom, plat en hulpeloos. Dis glo onfeilbaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Wat de duiwel dink jy doen jy?”
Daai oë. My mond voel droog. Verdrink-oë.
“Oepsie,” kry ek dit senuagtig uit.
“Oepsie my hele dinges, man! Dis my pa se nuwe Merc dié.” Hy’s briesend.
“Wel, kyk hoe lyk arme ou Recklizz nou.” Ek het my stem teruggekry. Veront-waardig beduie ek na my geriatriese ske-donk, en buk om die skade te bekyk.
“Recklizz? Die arme tjor het die verkeerde naam gekry. Jou ma moes jóú Recklizz genoem het! Hoe het jy dit reggekry.”
“Om my kar op te hang? Ek was haastig, toe koek my voete tussen al die stingeltjies daar onder,” begin ek dapper.
“Stingeltjies? Vroumens, het jy koors of hallusineer jy nog ná jou laaste Boil-vrae-stel?”
“Ek praat van daai goed daar onder, man. Die swart trapgoed, jy wéét mos.” Ek buk af en wys na die pedale.
“Wil jy vir my sê jy’t nog nie ’n lisensie nie?”
“Natuurlik het ek een.”
“In jou geval beteken dit blykbaar bog-giroll. Boggi-r-o-l-l.” vaar hy uit.
“Jy’s mean. My ma het my geleer dryf. As sy nie getik het nie.”
“So, toe kóóp sy vir jou ’n lisensie. Die tikster-ma van jou, het sy darem ’n be-stuurslisensie, of kon sy net vir ’n donkiekar op ’n tweespoorpad kwalifiseer?”
“Ek dink jy’s … ” begin ek vergeefs.
“Stop! Stop. Moet asseblief nie eens probéér dink nie. Dit kan dodelik wees. Jy sal eers vir ’n brain implant moet gaan.”
“Sies, jy’s ongeskik.” Nou word ek kwaad. “Aangesien jy die ekspert is, hoekom het jy nie uitgeswaai nie?”
“Waarheen, dink jy, moes ek swaai? In die boom vas? Of moes ek die swart asblik platgery het?”
Sarkastiese vent. “Wel, dan’t jy mos eintlik die ongeluk gemaak. As jy nie in my pad was nie, het arme ou Recklizz nie nou met haar boude omhoog aan die sypaadjie gehang nie!”
“Kom,” hy trek my aan die arm. “Kom kyk hoe lyk my kar.”
“Jy bedoel jou pa s’n,” sê ek moedswillig. “Jy hét seker nie eens ’n kar nie. Suur druiwe maak die tong bitter.”
Nou sleep-dra hy my in die rigting van die slap, rooi motor.
“Eina deksels, ek kan loop.” Ek probeer my losruk.
“Nou roer dan jou stert.”
“Tipies. Jy’s besig om van ’n muggie-dropping ’n olifantbol te maak – die ou karretjie makeer dan sweet blue all.”
“Kárretjie? Vroumens, dis ’n CLK dié!”
“CLK? Jy’t dan netnou gesê dis ’n Merc.” My ma ry ook ’n CLK.
“Ag hemel, wat het ons hier?” vra hy so half vir homself.
“Hoe sê?”
“Toe maar, niks. Kyk hier, wat van die buffer, of lê jou bi-focals by die huis?”
“Buffer? Wat is dit?” vra ek onnosel. Die gedoente begin nogal prettig word.
Hy beduie.
“O, dít. Dis nie ’n buffer nie. Dis die bampir.” Ek hoop dit klink dom en plat genoeg.
“Het jou ouers ooit iets soos versekering?”
“Insurance? Of course. Hulle het ’n funeral policy. In die onnerste laai langs die praaimus. Dit was op ’n special. Vir cheap.”
“Spaar my dít. Wat doen jy in elk geval in dié deel van die dorp?” wil hy weet.
“Ek bly net hier. Ek bedoel, ek bly doer annerkant. Swientoe.” Ek beduie woes. “Agter die Railway Hotel. Ek wou net die empties kom inruil en sieggerets by die kêffie kry, ons s’n was sold out.” Ek beduie na die pakkie op die sitplek lang my.
“Gunston? Maar dis dan mansgoed.”
“Wel, ek róók. Ek maak nie of ek rook nie.”
“Weet jou pa?”
“Hy hoef nie. Hy’s anyway weg.”
“Somehow neem ek die arme ou nie kwalik dat hy pad gevat het nie.”
“Om terug te keer tot die punt, hier ry ek, minding my own business, en toe kom neuk jy in my vas.”
“Ek in jou. Ek in jou … ” Sy oë blits gevaarlik. “Vroumens, is jy onder die in-vloed?”
“Niks beïnvloed my nie.”
Hy skud net sy kop. “Ek vra of jy gesuip is. Dronk.”
“Nou vat jy mos my karakter aan. Ek sal prosedeer vir defamation. As jy jou weer kom kry, staan jy voor die magistraat. Ja, jou Onnir. Nee, jou Onnir. Ons weet van sue.”
“I don’t believe it,” sê hy lam. “Vroumens, kry net jou bleddie ry. Gaan net weg. En bly van die pad af. Jy sal in die tronk beland as jy só aanhou bestuur.”
Hy lig Recklizz se boude op en stoot haar vorentoe.
Die vermetele vent. Ek draai die sleutel versigtig. Recklizz brul darem nog.
Terug by die huis bekyk ek die skade aan my kar. Pa sal nie eens weet daar’t nog ’n stamp bygekom nie. Hy’s in elk geval oorsee vir ’n konferensie. En Ma … Sy sal nie eens agterkom as ek Recklizz swart verf met pienk blomme op nie. Wanneer sy skryf, verdwyn sy in ’n ander wêreld in.
BY DIE STALLE LAG SAMSON wit in die oggendson toe ek vir hom die pakkie rookgoed gee. Terwyl Bishop uitgelate draf, dink ek aan die volgende dag. My eerste dag in die hos-pitaal …
Prof. Hans ontmoet ons by die mediese saal en stel ons voor aan ’n paar hospitaaldokters wat ons die volgende paar dae gaan touwys maak.
“Vir die laaste week, net voor bloktyd begin, sal elkeen van julle saam met ’n hospitaaldokter op saalrondtes gaan. Ons verkies om nie meer groeprondtes te doen nie, dit laat die pasiënte ongemaklik voel as daar soveel mense vir hulle kyk.” Hy gaan op die lys af.
“Mia, jy sal saam met … ” hy kyk rond. “Waar is Jacques?”
Nee! O, hemel, nee. Dis hy!
“Môre Prof, jammer dat ek laat is.”
“Goed. Jacques is nuut van Stellenbosch af. Hier’s jou groentjie vir die volgende paar dae.”
Hy kyk terloops in my rigting. En verstar. “Recklizz … Jy?”
“Haar naam is Mia, en jy beter baie goed na haar kyk. Sy’s baie spesiaal.”
“That’s for sure,” hoor ek hom saggies sê. Ek volg hom gangaf saal toe.
“Hoe het jy tot hier gekom?” wil hy fronsend weet.
“Met Recklizz, natuurlik. Sy brul darem nog.”
“Talking about the only surviving brain donor – ek bedoel hoe’t jy tot in jou vierde jaar medies gekom?”
“O, ek het Boil geswot, toe pass ek en nou’s ek hier.”
“Ek hoop nie jy hoef my ooit te dokter nie, jy’s vrek gevaarlik.”
“Wel, ek word eerder ’n kadawer voor jy aan my raak.”
“Oom Servaas het Maandag ’n dikderm-operasie gehad,” lig hy my by die eerste bed in.
“Môre Oom.”
“Dagsê, Niggie. Jacques, wie’s die mooie ou poppie?” vra hy met ’n glinstering in die oog.
“Poppie my dinges, Oom. Sy’s vervlaks gevaarlik, dié ene. Hoe lyk die pyn vandag?”
“Nee wat, suster bring darem gereeld ’n pilletjie.”
Jacques lyk skielik ongemaklik. “Het Oom al … wel, het Oom al geflateer?”
“Wat van teer?” vra oom Servaas.
“Nee Oom, wat ek eintlik wil weet, is of Oom al buikwinde passeer het.”
“Ek verstaan nou nie so mooi nie, ou seun.” Oom Servaas kyk hulpsoekend na my.
“Hy wil weet of Oom al gepoep het.”
“Nou vir wat sê hy nie so nie? Goed. Goed. Soos ’n masjiengeweer.” Jacques word bloedrooi. Dit kielie onbedaarlik in my maag.
“Het Oom al gepoep?” maak hy my na toe ons buite hoorafstand is. “Watse taal is dit?”
“Gewone taal. Gewone railway-taal dan, as jy wil. Hoe dink jy moet die arme omie jou hoogdrawende verbale aanval verstaan? ‘Het Oom al flateer?’” maak ek hóm na.
“Hoe jy ooit kon dink dat jy met jou styl en jou intellektuele vermoë ’n dokter kan word, is my agterent se deksel. Hoekom gaan werk jy nie eerder in die schluzz nie?”
“Schluzz?” hou ek my dom.
“Daai klein kamertjie waar hulle die bedpanne skrop.”
DIE VOLGENDE OGGEND loop ons Mark in die gang raak. Hy gee my ’n piksoen. Hulle besit die hoewe net langs ons, en ons ry saam perd. Hy swot argitektuur.
“Sien jou Woensdagmiddag, Mia. Cheers!”
“Wie’s dit?”
“Ons ry saam.”
“Ry? Julle jaag seker met jul kaskar resies teen die treine. Hoe aandoenlik. Wat doen die skarminkel? Hy’s seker ’n backyard mechanic.”
“Amper reg. Hy’s actually ’n panelbeater. Hy’s nou vir jou goed, trust my. Jou pa kan gerus daai lanie kar van hom bring, dan fieks hy die bampir in no time.”
“Nooit! Wat doen hy hier?”
“Search me. Hy kan seker loop waar hy wil. Ek hou nie daarvan dat jy so op my case is nie, mind your own business.”
“Wel, juffroutjie, dit ís toevallig my besigheid as ek veronderstel is om mediese prosedures aan jou te probeer verduidelik, en jy meer geïnteresseerd is om in die hospitaalgang jou agterstallige gesoenery in te haal, en om jou afspraakboekie vol te kry.”
“Hy’t my nié gesoen nie.”
“Dis nuut. Fassinerend. Wat het hy dan met sy mond teen jou gesig gedoen?”
“Oukei. Dit was net soos in ‘haai’. Dis nie soen nie. Nie só nie.”
“Nou wat is só, as ek mag vra?”
Die buffel, ek’s sommer lus en huil van magtelose woede. “Dis … dis anders. Heeltemal anders,” stamel ek, skielik verbouereerd. Wát sou hom byt?
Skielik is dit stikdonker om my.
“Ek dink jy moet my net gou wys presies wat die verskil is.”
“Het jy heeltemal uit die pram geval?” vra ek uitasem en voel in die donker na die deurknop. Hy staan met sy rug daarteen.
“Ek het net gewonder of jy in die linnekamer ook so vrygewig is met jou soentjies.”
My knieë voel skielik bewerig. Deksels. Ek hou nie eens van hom nie. Ek hou rêrig niks van hom nie. In fact, ek háát hom.
Ek ruk myself weg van sy groot lyf af. “Wat dink jy doen jy? Maak oop!”
“Nee, juffroutjie, kom ons bly nóg ’n rukkie. Dis mos jou spesialiteit. Of dit nou in die gang, of in die linnekamer is, who cares?”
“Jy’s met hondsdolheid geslaan,” sis ek woedend.
TOE EK UITEINDELIK Woensdagmiddag by die stalle aankom, wag Mark al vir my.
“Wat’s met die ou by die hospitaal?” vra hy toe die perde gesaal is.
“Ou?”
“Ja man, die donker een met die steto-skoop. Jis, hy kyk my aan asof ek ’n brommer is wat in sy bier beland het. Is hy jou … Het julle ’n ding aan?”
“Nee, hy’s niks van my nie. Niks!”
“Nou hoekom lyk dit dan of hy dink hy’t jou gekoop?”
“Mark, los dit net. Kom ons ry.”
DIS ’N KOEL DAG, en die perde is ekstra lewendig. Op pad terug huis toe, rem Bishop aan die teuels. Ek pomp hom in die lieste en laat die teuels gaan. Toe ons om die stalle se hoek kom, swenk die perd vir ’n kruiwa wat Samson daar gelos het. Ek gaan val, dink ek.
Ek hoor vaagweg die sirene van die ambulans loei. Dit kom en gaan oor my soos branders wat breek.
“Recklizz! Wat de duiwel?”
“Ongevalle,” skyn die rooi lig bokant my. “Versigtig, julle! Wat het ons hier?”
“Perdry-ongeluk, dokter,” sê die ambulansman. Hulle begin my op ’n hospitaal- trollie oortel.
“Pasop vir haar rug. Nee man, los. Ek doen dit eerder self.”
Ek probeer orent kom, maar die donkerte trek my terug.
“Lê plat, Recklizz. Suster, bel vir prof. Nel by radiologie en reël vir ’n MRI.”
Dis donker om my, en die bed lê vreemd en hard. My kop. “Ouch.”
“Stadig nou, jy’t harsingskudding. Ek gaan jou gou spuit.” ’n Rukkie later is hy terug met ’n nierbakkie vol goeters. “Draai op jou sy.” Hy begin die beddegoed aftrek.
“Jy los my broek uit!” Ek rem verbete aan die laken. “Roep die suster, sy kan my spuit.”
“Recklizz, ontspan. Ek spuit die Pethedine sommer direk in jou drip.” Verbeel ek my, of lag die vent my uit?
DIS UITEINDELIK VRYDAGMIDDAG. “Ons beter hierdie post–ops vinnig deurdraf, dis vanaand die fakulteitsdinee. Jy gaan seker nie.”
“Of course gaan ek, ék mis nie ’n paartie nie. Daar gaan ’n live band wees. Oe, ek hoop dis die Sewe Hardlywige Susters, ek’s mal oor hulle! Ek hou van op-dress, my antie gaan my hare tiez, so in ’n helikopter-styl, jy weet? Boeremusiek klink altyd vir my effens gekonstipeerd.” Ek verstik amper in my lag toe ek die stomme verdwasing op sy gesig sien.
Die mediese fakulteit se jaareindparty word altyd op ons plaas gehou omdat daar genoeg onthaalgeriewe is. Dis ’n uithang-geleentheid. Een van my ma se ontwerpersvriende het vir my ’n lang swart rok met ’n lae ruglyn gemaak, en my hare gaan ek sommer los dra. Noudat Ma se manuskrip veilig by die uitgewer lê, kan sy haar onverdeelde aandag aan die dinee wy. Samson sal die parkering hanteer.
Prof. Hans roep almal tot orde. “Voor ons met die aand se verrigtinge begin, wil ons net ’n woord van dank aan ons dekaan, professor Joubert, en sy vrou Inge, rig wat hul pragtige huis tot ons beskikking gestel het. Mia, sal jy asseblief hierdie bos blomme aan jou ma oorhandig?”
“Vir jóú wil ek sien.” Jacques vat my arm in ’n ferm greep vas en trek my by die naaste deur uit.
“Jy’s ’n opperste klein twak,” sy blou oë blits gevaarlik. “Railway Hotel, kêffie, stingeltjies, het Oom al gepoep?”
“Jy’t bloot aanvaar dat ek ’n skroffel is, toe speel ek maar saam.”
“En lag in jou mou vir my?”
“Ja. Nee. Ek bedoel … ”
“Sjuut, hoor jy?”
“Hoor ek wát?”
“Die Sewe Hardlywige Susters speel. Kom ons gaan dans!”
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.