kategorieë: Ons menseBekendes

Real Housewives se Mel Viljoen duik by Diepe waters in

TV-kykers het haar leer ken in die Real Housewives van Pretoria, maar een van die dae is Mel Viljoen in ’n heel ander rol te sien wanneer sy haarself op 10 en 11 April in Diepe waters begewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mel maak ’n draai in dié gewilde telenovelle waar sy haar professionele kundigheid gaan inspan om aan van die vroueswemmers ’n nuwe voorkoms te gee. Dit kom ook aan die lig dat sy vir Thandi ken wanneer sy Skinvestment besoek. Mel ontmoet terselfdertyd vir Valencia, wat Brooklyn toe trek om by Mel se naelsalon te gaan werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Diepe waters se Lettie en Henry beloof ewige trou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Met realiteits-TV speel jy jouself en nie ’n fiktiewe karakter nie,” sê Mel oor wat vir haar die grootste verskil was tussen haarself wees in ’n realiteitsreeks en haarself in ’n telenovelle speel. “Die drama is eg in ’n realiteitsreeks. Niemand skryf jou teks nie. Jy leef ook met die nagevolge. Daar is nie kans vir ’n take two nie.

“In Diepe waters speel ek myself as hoof van Tammy Taylor en daarom was dit heel natuurlik. Ek verstaan wat ek doen. Die Diepe waters-span moes my net help om woorde by gesigsuitdrukkings te laat pas en te sorg dat dit net-net genoeg is. Hulle was baie professioneel.”

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Armand Aucamp oor die suksesresep van die reeks, Plan B

Wat was vir haar die hoogtepunt van die opnames?

“Dit het my asem weggeslaan om te sien hoe natuurlik die proses vir die akteurs is. Hulle verdien beslis hulle geld! En ja, as ek die kans kry om dit weer te doen, sal ek beslis.”

As jy enige rol in enige bekende fliek of reeks kan kies, wat sal dit wees?

“Ek sal ’n Barbie cowgirl in die Amerikaanse reeks Yellowstone, met Kevin Costner in die hoofrol, wil speel. Ek sal wil leer perdry met my hare wat perfek wapper terwyl ek oor die vlaktes galop.”

Die twee episodes waarin Mel in Diepe waters te sien is, word op 10 en 11 April om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Waar staan hartsake nou? Op my eish! se reünie-episode onthul alles

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

17 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

17 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

17 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

18 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

18 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.