Foto: Twitter
Die Suid-Afrikaanse musieklegende, Ray Phiri, het Woensdagoggend vroeg sy twee-maandelange stryd teen longkanker verloor. Hy is verlede week gehospitaliseer in Mbombela (Nelspruit) en hy is bygestaan en omring deur familie en nabye vriende.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Phiri (70) het sy musiekloopbaan in 1962 begin en het as solokunstenaar en in verskeie groepe opgetree. Die bekendste van sy groepe, Stimela, het bekendheid verwerf vir hul unieke klank. Hy is veral herken vir sy belangrike rol in Suid-Afrikaanse musiek tydens en na die Apartheidsjare. Phiri het in 2011 die presidensiële Orde van Ikhamanga in silwer ontvang vir sy bydrae tot die land se maatskaplike- en kultuurlandskap. Hy het verder op Paul Simon se 1986 Graceland-album verskyn en het die Graceland-wêreldtoere meegemaak. Phiri het ’n Grammy ontvang vir sy insette in hierdie projek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hy het gereeld saam met ander groot musiekname gewerk, onder andere Ladismith Black Mambazo, Miriam Makeba (wat hom geleer het om ’n goeie kok te word – ’n vaardigheid waarvoor hy bekend was), Lucky Dube, en Yvonne Chaka Chaka. Phiri het nie net opgetree nie, maar ook ’n musiekskool gestig in Mbombela (sy geboortedorp) waar jongmense musieklesse ontvang.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Huldeblyke het vanuit alle oorde ingestroom om oor sy afsterwe te treur en sy lewe te vier. Sy begrafnis sal op Saterdag, 22 Julie gehou word in Mbombela. Sy vrou is in 2003 in ’n motorongeluk oorlede, maar hy word oorleef deur sy kinders, sy moeder en deur ’n hele generasie musikante wat deur hom beïnvloed is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die meeste van ons het twee niere. Elke nier het meer as vyf keer die…
Paasfees is ’n sintuiglike ervaring wat Suid-Afrika se geskiedenis, tradisie en ’n liefde vir heerlike…
Hooffoto: Willem Botha Die sangeres Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie,…
Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…
Genoeg vir 1 vlegsel Bestanddele 25 g vars gis of 10 g kitsgis…
kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…
Hierdie webwerf gebruik koekies.