Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Maak jou eie ravioli. Sien "Basiese pasta" vir die resep.
Vulsel
• 7 lappies parmaham, in drie dele gesny
• 14 bolletjies buffalo-mozzarella, in twee gebreek, of gewone mozzarella in blokkies gesny
• 300 ml basiliekruid- of enige ander pesto
• 21 basiliekruidblaartjies
Bruinbottersous
• 100 g botter
• 100 g dennepitte of gevlokte amandels
• ’n hand vol salieblare
• parmesaankaas vir opdiening
Instructions
1 Sit die parmaham op ’n skoon werksvlak en skep 15 ml pesto in die middel van elk. 2 Sit ’n stukkie mozzarella en ’n basiliekruidblaartjie op elkeen. Vou die parmaham in ’n bondeltjie toe - dit is die ravioli-vulsel. 3 Maak die ravioli soos per "Basiese pasta"-resep. 4 Kook die ravioli vir 5-7 min. in vinnig borrelende kookwater tot sag en gaar maar nie pap nie. 5 Haal met ’n gaatjieslepel uit en sprinkel ’n bietjie olyfolie oor sodat dit nie aan mekaar vassit nie. 6 Smelt die botter oor lae hitte in ’n middelslagpan. 7 Voeg die neute by en laat die botter prut tot dit ligbruin raak en ’n neuterige smaak kry. Gooi die salie by en braai tot bros. 8 Voeg die ravioli by en roer versigtig deur tot dit oral met die botter bedek is. Sit met gerasperde parmesaan voor.