kategorieë: Bekendes

Randy Fenoli van Say yes to the dress se raad aan bruide

Die gewilde Randy Fenoli, aanbieder van Say yes to the dress was in Suid-Afrika vir die Bridal Fair SA 2016. Dié funksie word vir drie dae (27-29 Mei) by Montecasino gehou met allerhande stalletjies en aanbiedings om te sorg dat bruidspaartjies alles vir hul spesiale dag kan beplan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is ’n paar goed wat bruide moet onthou wanneer hulle ’n trourok kies:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Moenie te veel na jou gevolg (strooimeisies) se opinies luister nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Baie bruide probeer om almal anders gelukkig te maak, en neem te veel opinies in. Sorg dat jy ook van jou rok hou, dit is al wat saak maak.

• Bekyk jou rok van alle kante af. Dit mag dalk van voor en agter mooi lyk, maar van die kant af is dit dalk baie onvleiend. Maak seker jou rok bring die mooiste in jou na vore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Bly by jou begroting. Moenie ‘net vir die lekkerte’ na duurder rokke kyk nie. As jy jou hart op ’n rok verloor wat jy nie kan bekostig nie, gaan jy met enige ander rok ongelukkig wees. Kyk na die beste rokke wat jy kan bekostig om jou hart en jou beursie te beskerm.

• Gemak is nie altyd die beste opsie nie. Randy het met ’n bruid gewerk wat tekkies met wighakke wou dra omdat sy gemaklik wou wees. Partykeer is dit beter om mooi as gemaklik te lyk.

Vir meer inligting oor Randy Fenoli by die Bridal Fair gaan na www.bridalfairsa.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

35 mins Gelede

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…

17 hours Gelede

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…

19 hours Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

22 hours Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

1 day Gelede

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Moenie te veel geld bestee op versekering nie! Hier is 15 dinge wat jou help…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.