Deur Vickie de Beer. Foto’s: Lee Schwagele, CRPhotographic
Rafeltjiesvarkvleis in sagte tacos met taco-piekels
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 6
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 2 kg heel ontbeende varknek
- • sout en swartpeper
- • 125 ml (½ k) lemmetjiesap
- • 80 ml (⅓ k) lemoensap
- • 8 knoffelhuisies, fyn gekap
- • 10 ml (2 t) paprika
- 10 ml (2 t) komynsaad, fyn gemaal
- • 5 ml (1 t) koljander-saad, fyn gemaal
- • 5 ml (1 t) wonderpeper
- • 1 kaneelstokkie
- Tacos en sous
- Sous
- • Verwerk 1 avokado, geskil en ontpit
- • 250 ml (1 k) Amasi
- • ’n klein handjie vol koljanderblare en die sap van 1 lemmetjie tot glad.
- • Geur met sout en swartpeper.
- 1 Verbruin 6 klein tortillas alkant in ’n bietjie olyfolie in ’n kleefwerende pan tot goudkleurig en bros (moet steeds kan buig).
- Vleis
- 1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
- 2 Geur die vleis met sout en swartpeper.
- 3 Braai vir 5 min. aan elke kant of tot goudkleurig.
- 4 Voeg die lemmetjie- en lemoensap by.
- 5 Verlaag die hitte en sit die deksel op. Stowe vir 3 uur.
- 6 Draai die vleis elke 30 min. om.
- 7 Voeg die knoffel, paprika, komyn, koljander, wonderpeper en kaneel by en kook vir nog 20 min.
- 8 Trek van die hitte af en trek die vleis in die sous met ’n vurk uitmekaar.
- Laat elkeen sy eie tacos maak
- 1 Vou die tortilla dubbel in die palm van jou hand en vul met die varkvleis.
- 2 Skep piekels bo-op, gevolg deur skeppies van die taco-sous en smul!
- Taco-piekels
- Genoeg vir 1 x 500 ml-fles
- Resep: www.evakolenko.com
- Pekelmengsel
- • 125 ml (½ k) suiker
- • 125 ml (½ k) appelasyn
- • 60 ml (¼ k) rooiwynasyn
- • 2 bossies radyse, in dun ringe gesny
- • 3 wortels, in dun ringe gesny
- • ½ groen jalapeño, in dun ringe gesny
- • hand vol koljanderblare, fyn gekap
- • sout en peper
- Piekels
- 1 Meng die suiker en asyn in ’n kastrolletjie en bring oor lae hitte tot kookpunt.
- 2 Laat prut saggies tot die suiker heeltemal gesmelt het.
- 3 Trek van die hitte af en laat heeltemal afkoel.
- 4 Meng die radyse, wortels, jalepeño, koljanderblare en sout in ’n middelslagbak.
- 5 Vul die fles met die groente en bedek met die piekelmengsel.
- 6 Maak met ’n deksel toe wat dig seël en hou vir 2-3 dae by kamer-temperatuur.
- 7 Sodra die vloeistof begin borrel, weet jy gisting het plaasgevind.
- 8 Sit die piekels dan in die yskas.
Michelle Nortje
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025