Rafeltjies-varkvleis op Franse brood met kool-en-appel-slaai
Rafeltjies-varkvleis op Franse brood met kool-en-appel-slaai
Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Die ontbeende varkblad word lank en stadig in ’n soetsuursous gekook en die gaar vleis met vurke uitmekaar getrek.
1 ontbeende varkblad
Vryfmiddel
30 ml (2 e) bruinsuiker
15 ml (1 e) paprika
10 ml (2 t) sout
Marinade
60 ml (¼ k) olie
5 ml (1 t) komynsaad
5 ml (1 t) vinkelsaad
1 ui, fyn gekap
30 ml (2 e) gerasperde vars gemmer
1 brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
2 blikke (410 g elk) Goldcrest-mangoskywe, gedreineer en fyn gemaak
30 ml (2 e) appelasyn
60 ml (¼ k) melasse
60 ml (¼ k) Worcestershire-sous
sout en gemaalde swartpeper
1 lang Franse brood
Kool-en-appel-slaai
sap van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) olyfolie
10 ml (2 t) heuning
sout en gemaalde swartpeper
4 groenappels
1 groenkool, buitenste blare verwyder
Instructions
1 Sit die varkvleis in ’n oondpan. Meng die bruinsuiker, paprika en sout en smeer oor die vleis. Laat staan vir 30 min. Jy kan die vleis ook die vorige dag met die suikermengsel invryf en oornag in die yskas sit. 2 MARINADE Verhit die olie in ’n groot kastrol, voeg die komyn en vinkelsaad by - werk versigtig, die olie spat wanneer die saad bygevoeg word. 3 Braai die ui tot sag, voeg die gemmer en rissie by en braai vir nog 1 min. Voeg die mango-puree, appelasyn, melasse en Worcestershire-sous by. Laat vir 5 min. prut en geur met sout en peper. 4 Sit die blad in die marinade, skep van die warm vloeistof oor en laat in die warm sous prut. 5 Kook tot die vleis sag is en maklik met ’n vurk losgetrek kan word (sowat 4-5 uur). Roer die vleis en draai dit ook gereeld om om te voorkom dat dit aanbrand. Laat effens in die sous afkoel. Hou die blad in die sous en trek die vleis versigtig met twee vurke uitmekaar. 6 Sny die Franse brood in die lengte middeldeur en pak die vleisstukkies op die brood, gevolg deur die kool-en-appel-slaai (resep volg).
Kool-en-appel-slaai
1 Meng die olyfolie en heuning en voeg die suurlemoensap by. Geur met sout en peper. 2 Sny die appel in dun ringe en weer middeldeur. Bedek dadelik met die slaaisous om te voorkom dat die skyfies bruin word. Breek die groen blare van die kool af en sny baie fyn. 3 Voeg die kool by die appel en meng goed deur. Sit saam met die varkvleis op die Franse brood voor.