Rafeltjie-varkvleis op gestoomde Oosterse rolletjies
Serves:Genoeg om 12 broodrolletjies te vulNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Genoeg om 12 broodjies te vul
Gestoomde Oosterse rolletjies
30 g (2 e) varkvet, gesmelt
5 g (1½ t) kitsgis
35 g (2½ e) strooisuiker
95 g (¼ k) koekmeel
300 g (2 k) broodmeel
knypie sout
Rafeltjie-varkvleis
1,2 kg varknek, sonder been
sout
15 ml (1 e) vinkelsaad
30 ml (2 e) olyfolie
1 lemoen, in ringe gesny
1 ui in ringe gesny
1 vinkelknol, in ringe gesny
4 steranyspeule
Oosterse koolslaai
1 klein rooikool, dun gesny
1 klein kool, dun gesny
2-3 middelslagwortels, dun gesny
1 rooi brandrissie, fyngekap
knypie sout
Slaaisous
15 ml lemmetjiesap
15 ml sojasous
5 ml heuning
sesamsaad vir opdiening
Instructions
Gestoomde rolletjies
1 Gebruik ’n elektriese staanmenger en heg die deeghaak aan. Meng al die bestanddele by ’n lae spoed tot die deeg bymekaarkom. Knie die deeg vir 10 min. tot glad en blink. Sit in ’n goed gesmeerde bak en laat rys vir ’n uur op ’n warm plek, of tot dubbel die grootte.
2 Verdeel die deeg in 12 x 52 g-balletjies. Bedek met ’n skoon, droë kombuisdoek en laat rys vir 20 min. op ’n warm plek. Sit ’n bamboesstomer, uitgevoer met bakpapier, oor ’n pan vol water, of voer ’n groot sif met bakpapier uit en sit oor ’n kastrol vol water.
3 Pak 3-4 broodjies op ’n slag in die stomer en stoom vir sowat 14 min. en laat rus vir ’n halfuur. Herhaal tot al die broodjies gaar is.
Rafeltjie-varkvleis
1 Geur die vark met sout en vryf die vinkelsaad oor die vleis. Verbruin die vleis alkant in die olyfolie in ’n groot swaarboom-kastrol. Lig die vleis uit die kastrol en sit die lemoenringe, uie, vinkel en steranyspeule in die kastrol. Sit die vleis bo-op.
2 Sit die deksel op en laat prut liggies vir 3 uur oor lae hitte. Draai nou en dan om. Trek van die hitte af en trek die vleis met 2 vurke in rafeltjies. Meng die vleis deur die saggekookte uie en vinkel en enige sous wat in die kastrol is. Hou eenkant tot benodig.
Koolslaai
1 Meng al die bestanddele in ’n mengbak. Sprinkel die sous en sesamsaad net voor opdiening oor.
Opdiening
2 Sny die broodjies oop en skep die rafeltjievleis en krakerige koolslaai daarop.