kategorieë: Ontspanning

Raar, ouer wyne op veiling

Raar, ouer wyne op veiling. Deur Maryke Roberts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis nie sommer enigeen wat daar mag ingaan nie en dis ook nie sommer enigeen wat die voorreg kry om van die wyne te proe nie. Dus was ’n reuse-eer om uitgenooi te word om ses wyne van oesjare in 1961, 1963, 1968 en 1974 te proe. Die wyne gaan op 10 Julie opgeveil word. Al die geskiedkundige wyne gaan beskikbaar wees by die veiling om 11:00 deur Strauss & Co. Die veiling vind in Johannesburg plaas en die publiek kan dit gaan bywoon, aanlyn meemaak of telefonies bie.

Die ondergrondse vinoteek in Stellenbosch is tussen ’n klomp ander geboue en as jy nie weet waarvoor jy soek nie, sal hierdie heerlikheid jou nie beskore wees nie.

Lees ook: Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyne

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die klein proegroepie het onder andere Michael Fridjon, die internasionaal-gerekende wynbeoordelaar en -skrywer; Joaquim Sa, besturende direkteur van Amorim Cork SA; Higgo Jacobs, bekende sommelier en Strauss & Co-verteenwoordiger; en Kate Jackson van Nederburg/Distell, ingesluit.

Kate Jackson van Nederburg/Distell en Michael van Deventer, die vinoteekbestuurder onder in die Tabernakel.

Om boonop my naam in die besoekersboek reg onder die bekende Britste wynskrywer, Tim Atkin, Master of Wine, te kon skryf, was ’n reuse voorreg.

Higgo het vertel dat wyne, danksy die herkurk,  vinniger oopgemaak kan word om lug te kry voor dit geproe word. Ouer wyne se kurke verkrummel dikwels en dit neem tot ’n uur om die kurk uit te kry en te verseker dat daar geen kurkreste in die wyn of in die glas beland nie. Die nuwe kurk- en foelie-omhulsel kry ’n oorspronklike nommer en die koper weet dat die wyn goed genoeg is om te drink en deur ’n geregistreerde maatskappy herkurk is.

Higgo Jacobs, bekende sommelier en Strauss & Co.-verteenwoordiger praat oor die wyne wat opgeveil sal word.

Een van die ouer wyne in die Tabernakel se versameling, wat met ’n nuwe kurk spog, maar in 1821 op Groot Constantia gebottel is.

Higgo het onder meer vertel dat wynveilings van Suid-Afrika se ouer wyne onteenseglik bewys dat ons land uitstaande wyne maak. Wyne wat selfs ná 80 of 90 jaar nie teleurstel nie.

Joaquim Sa, besturende direkteur van Amorim Cork SA en Michael Fridjon, die internasionaal-gerekende wynbeoordelaar en -skrywer.

Die ses wyne wat geproe is, is die SFW Stellenbosch Cinsaut 1974, Lanzerac Pinotage 1963 (375 ml), Zonnebloem Cabernet Sauvignon 1961 (375 ml), George Spies Cabernet Sauvignon 1968, Overgaauw Cabernet Sauvignon 1974 en die Nederburg Auction Cabernet Sauvignon 1974.

Die ses wyne wat geproe is, is die SFW Stellenbosch Cinsaut 1974, Lanzerac Pinotage 1963 (375 ml), Zonnebloem Cabernet Sauvignon 1961 (375 ml), George Spies Cabernet Sauvignon 1968, Overgaauw Cabernet Sauvignon 1974 en die Nederburg Auction Cabernet Sauvignon 1974.

Daar is net twee oesjare van die George Spies Cabernet Sauvignon gemaak: 1966 en 1968 en die Lanzerac Pinotage was maar die vierde oesjaar van kommersiële pinotage. Dis boonop in ’n 375 ml-bottel en Higgo het vertel dat dié kleiner formaat meestal vir hotelle en lugrederye gebottel is en hy verbaas is oor hoe goed dié in die Tabernakel verouder het.

Die openingsbod vir die George Spies Cabernet Sauvignon 1966 is R25 000 per bottel.

Die Tabernakel-versameling bestaan uit 12 000 bottels wyn, vertel Michael van Deventer, die vinoteekbestuurder. Die ruimte is onlangs opgeknap en die veiling is die eerste fondsinsamelingstap om ’n wynmuseum en moontlike besoekersentrum daar te open.

Die indrukwekkende Tabernakel, ondergrondse vinoteek in Stellenbosch.

Die proeërs het gehoor dat 1974 die hoogtepunt-oesjaar van die vorige eeu was en die meeste wyne uit dié jaar ’n ware aanwins vir enige wynversameling is. Dit was ook die jaar wat die Wyn van Oorsprong-sertifiseringstelsel (WO) in Suid-Afrika van stapel gestuur is. Dié stelsel dui die oorsprong van die druiwe, kultivar en oesjaar aan.

Die glanssjef en Masterchef SA-aanbieder, Pete Goffe-Wood, het die middagete na afloop van die proe voorberei, terwyl gaste die geleentheid gehad het om die wyne agter die glasdeure te besigtig.

Die glanssjef en Masterchef SA-aanbieder, Pete Goffe-Wood, het die middagete na afloop van die proe berei, terwyl gaste die geleentheid gehad het om die wyne agter die glasdeure te besigtig.

Die spyskaart het bestaan uit gepekelde forel, gepreserveerde suurlemoen, gremolata en aioli saam met die Durbanville Hills The Tangram 2018. Wagyu Bourguignon en kapokaartappels is saam met die Nederburg Private Bin Two Centuries Cabernet Sauvignon 2017 geniet, terwyl die gekaramelliseerde nartjieryspoeding met amandels saam met die Nederburg Eminence 2010 voorgesit is.

Gaste is vir voorgereg trakteer op gepekelde forel, gepreserveerde suurlemoen, gremolata en aioli met die Durbanville Hills The Tangram 2018.

Volledige inligting oor die veiling en ’n interessante video oor die herkurkproses kan by www.straussart.co.za verkry word. Vir inligting oor hoe om te registreer, besoek https://www.straussart.co.za/auctions/details/10-jul-2022-wine en https://www.straussart.co.za/faq/#how-to-bid

Foto’s: Clifford Roberts

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

53 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 hour Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

1 hour Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.