Hanger-rame
Benodigdhede:
Ou houthangers
Skêr
Pritt
Pen
A3-grootte papier met patroon
Maak so
- Draai die A3 op sy agterkant en plaas die hanger daaroor sodat jy die binnekant van die hanger kan aftrek.
- Knip om die lyn, maar sowat 0,5 mm groter as die lyntjie sodat jy ekstra papier het wat teen die hout sal vassit.
- Plak met Pritt vas.
CD-rame
Benodigdhede:
Leë CD-houers
Skêr
12 x 12 cm-tydskrifprentjies / foto’s
Liniaal
Dubbelkantkleefband
Maak so
- Meet en knip 12 x 12 cm-blokkies.
- Skuif die prentjie / foto in die voorkant van die CD-houer in.
- Plak met dubbelkantkleefband teen die muur vas.