kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Raak so ontslae van miere

Deur Carina Claassens vir All4Women. Vertaal en verwerk deur Catherine Schenck. Foto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is min dinge meer frustrerend as miere wat om elke hoek en draai verskyn. Hulle kry dit reg om hulself in enige bottel of buisie in te wurm en hoe meer jy hulle probeer wegvee, hoe meer keer hulle terug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Probeer hierdie wenke om op die natuurlike manier van miere ontslae te raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Asyn

Asyn is so te sê die begin en die einde wanneer dit kom by natuurlike skoonmaakprodukte omdat dit sterk werk teen bakterieë en vuilheid.

Het jy al ooit gesien hoe miere op een lyntjie loop? Wel, asyn verberg die reukspoortjies wat hulle agterlaat wanneer hulle iewers heen loop, wat beteken dat ander miere nie in hul voetspore sal volg na jou suikerbakkie toe nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Miere hou ook nie van die sterk asynreuk nie, so as jy dit gereeld gebruik, sal hulle bloot ophou om terug te keer. Vee sommer net oppervlaktes skoon met ’n lappie wat in asyn geweek is – dit is een van die maklikste maniere om natuurlik van miere ontslae te raak.

Suurlemoen

Suurlemoene bevat, soos asyn, wonderlike anti-bakteriese eienskappe. Dit maak dus heeltemal sin om met hierdie middel skoon te maak. As jy gelukkig genoeg is om ’n suurlemoenboom in jou tuin te hê, maak gebruik van die vrugte deur die sap uit te druk, dit met water te verdun en die mengsel as skoonmaakmiddel te gebruik – van vloere tot toonbankoppervlaktes. Jou kombuis sal lekker vars ruik, én dit hou die miere weg.

Foto: rooi rose

Essensiële olies

Essensiële olies moet ’n huishoudelike stapelproduk word, want peperment-, teeboom- en sitrusolies bevat bruikbare eienskappe wanneer dit by skoonmaak kom. Gebruik veral peperment- essensiële olies – dit is ’n wonderlike skoonmaakmiddel, miere haat dit en dit ruik boonop lekker.

Plaas ’n paar druppels op ’n wolkatoenballetjie en vee toonbanke en ingangspunte daarmee af. Dit sal miere wegjaag en jou huis sal mentvars ruik.

#wenk: Maak ’n verfrissende kamersproei deur 1/4 koppie water, 1/4 koppie vodka, 15 druppels peperment- essensiële olie en 15 druppels teeboom- essensiële olie te meng. Skud goed voor gebruik en sproei soos benodig.

Foto: pixabay.com

Kalk

Dit klink miskien vreemd, maar strooi ’n dik lyn kalk buite jou vensters en ander ingangspunte. Miere hou nie daarvan om deur kalk te loop nie omdat dit met hul belangrike reukspore inmeng. Kaneel in poeiervorm of gemaalde koffie werk net so goed.

Voedselgraad diatomaceous earth

Dit is dalk ’n groot term, maar voedselgraad diatomaceous earth is een van die beste maniere om van miere ontslae te raak. Dit is ’n veeldoelige, natuurlike silica-gebaseerde klippoeier wat gemaak word van gefossiliseerde marine-alge. Dit is nie-giftig vir mense en troeteldiere, maar miere (en ander insekte) hou niks daarvan nie omdat dit die wasserige lagie op hul eksoskelet beskadig. Gooi ’n bietjie van hierdie poeier naby kolle waar daar baie miere is en hulle sal vinnig verdwyn.

#wenk: Maak seker jy kry spesifiek voedsel graad diatomaceous-aarde en nie die tipe wat gebruik word om swembaddens te vul nie, aangesien dit uiters giftig is.

Lees ook: 15 vinnige maniere om jou huis uit te sorteer

Deel
Gepubliseer deur
All4Women

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.