Raak ontslae van jou emosionele bagasie deur Mariette Snyman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Stel jou voor hoe gaaf dit sou wees as ons elke dag onbelemmerd kon aanpak – sonder ’n enkele verwyt oor wat ek die vorige week versuim het, kommer oor iemand vir wie ek dalk meer behoort te beteken, of ’n nare herinnering aan ’n onreg wat ek vroeër aangedoen is.
Let maar op na die kwelvrae wat ongenooid by jou opkom: “Moes ek nie maar … ?”; “Wat as ek nie hulp aanbied nie … ?”; “Hoekom het dit tog gebeur?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dié gedagtes wys jy gee om. Die meeste van ons wil graag goed wees vir ons nabymense, vir die gemeenskap en vir onsself – gewoonlik in daardie volgorde! Maar as jy mooi daaroor dink, hou die bydrae wat jy lewer direk met jou eie geestesgesondheid verband. As jou hart lig is en jou kop skoon, kan jy ’n situasie raak opsom en sinvol optree. Worstel jy met emosionele pyn, is dit moeiliker.
Die gulde reël is dus: as jy wil help, help eers jouself!
Om vry te wees van emosionele bagasie is ’n grootse ideaal. Gelukkig maak die kleinste vraggie waarvan jy ontslae raak, al ’n verskil. Dié artikel fokus op blaam in twee baadjies: selfverwyt, en om ander vir jou ongelukkigheid verantwoordelik te hou.
Dis ’n feit dat goeie én slegte dinge met goeie mense gebeur. Maar wanneer iemand aan die kortste ent trek en nie in staat is om dit te verwerk nie, kan dit hul gemoed vergiftig.
“Hoe weet jy jy sleep ’n emosionele las saam? Wanneer jy jouself gereeld daaroor hoor praat, al het dit lank terug gebeur.” Só sê Ilze Alberts, Johannesburgse sielkundige wat in gesinsgedragstrategie en die verwerwing en bestuur van rykdom spesialiseer.
“Gevoelens, persepsies en uitdagings wat ons uit die verlede saamdra, kan ’n groot invloed op die hede uitoefen. Jy is byvoorbeeld ’n paar jaar gelede afgedank, maar jy skryf jou finansiële probleme steeds daaraan toe. Of jy vertel vir almal hoe jou man jou twintig jaar terug verlaat het en dat jy nou alleen is.
“Sodra jy besef jy praat in ’n wrokkige of bitter toon oor die verlede, moet jy die moontlikheid oorweeg dat jy in victim mode is. Hoewel dit nie lekker is om dit te erken nie, hou ’n slagoffer-situasie áltyd een of ander voordeel in. Dalk voel ander vir jou jammer, of stel hulle minder eise aan jou.
“In die tyd van die Romeine kon ’n moordenaar blykbaar gestraf word deur die lyk van die vermoorde op sy rug vas te bind. Mettertyd het hierdie afgryslike vrag sy dood veroorsaak.
“Om te voorkom dat jy ook ’n nare las saamdra, moet jy besef jy kan die lewe nie beheer nie. Jy kies nie dat ’n liefdesteleurstelling of ’n miskraam jou tref nie. Jy kies wel hoe jy daarop gaan reageer. En jou siening van die werklikheid gee die deurslag.
“Jou ervaring verklap deur watter soort lense jy kyk. Voel jy lank hopeloos, hulpeloos, en sonder eiewaarde, het jy moontlik in die pyn van die verlede vasgeval.
“Die menslike gedragspesialis dr. John Demartini sê ons kies elke dag om blomme of onkruid in ons gedagtewêreld te plant. Onkruid groei sonder dat dit natgegooi of versorg word. Wanneer ons dit verwyder, groei dit eenvoudig weer. Maar as ons dit uittrek en blomme op dieselfde plek plant, word die onkruid minder.
“Dis nie ingewikkeld om slagofferdenke deur besielende gedagtes te vervang nie maar dis harde werk. En jy kan dit net doen as jy wíl aanbeweeg.
Lees ook: 10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan
“Baie mense weet nie hoe om ‘onkruid’ deur ‘blomme’ te vervang nie. Een manier is om ’n paar indringende vrae skreiend eerlik te beantwoord, soos:
“Die Griekse filosoof Aristoteles het gesê ‘every stressing has an equal and opposite blessing’. Die antwoorde op jou vrae sal hierdie balans na vore bring. Van die ooglopendste voordele van emosionele pyn is dat jy veerkragtig en onafhankliker raak en dieper insig in die lewe kry.”
Kan jy self “onkruid” in “blomme” omskep, of kort jy begeleiding?
“Die meeste mense het hulp nodig om die ander kant van ’n saak in te sien. Lees ’n selfhelpboek, praat met ’n wyse vriend, luister na praatjies op die Internet, of woon ’n werkwinkel by. Ek beveel The Breakthrough Experience met dr. John Demartini van harte aan.
“Professionele hulp is wyd beskikbaar. Selfs mense in afgeleë gebiede kan aanlynsessies aanvra, en mediese fondse betaal ’n gedeelte van professionele tariewe. Die belangrikste is dat jy met die terapeut oor die weg kom.
“Gaan so gou moontlik oor tot aksie,” sê Ilze. “Help jouself deur hulp te soek!”
Selfverwyt is ’n subtiele vorm van emosionele bagasie. Baie vroue het grootgeword met die oortuiging dat dit belangriker is om te vra: “Is my mense gelukkig?” as: “Is ék gelukkig?”
Dit klink na ’n edel ingesteldheid om ander eerste te stel, maar weer eens lewer jy die waardevolste bydrae wanneer jou eie beker vol is. Op die lang duur lei opoffering tot wrokkigheid, wat verhoudings, jou gemoedstoestand en jou immuunstelsel benadeel.
Dis ’n kuns om ’n gesonde balans tussen jou eie en ander se behoeftes te handhaaf. En die eise kom in soveel gedaantes – van kinders, ’n lewensmaat, ouers, familie, vriende, werkers, troeteldiere tot die skool, kerk, liefdadigheidsorganisasies én jou werk.
In haar boek Natural Superwoman praat Rosamond Richard-son van die guilt trap: “Die fantasie van die volmaakte vrou sterf nie sommer nie. Is jy ’n voorslag by die werk en ’n betrokke ma, maar voel jy skuldig omdat jy kwalik uitblink in kook en huishou?
“Skuldgevoelens rig jou besluite en beheer so jou lewe. Omdat jy nie in beheer is nie, ervaar jy onsekerheid. Jy wil jouself gedurig regverdig en probeer vir jou gewaande tekortkominge vergoed. Verander die omstandighede wat jou skuldig laat voel, of verander jou denke!”
Vra jou bv. af hoe jou “tekortkominge” ander bevoordeel, soos om jou man in die geheimenisse van die kombuis in te lyf.
Het jý spesifieke riglyne wanneer eise aan jou deur kom klop?
Hoe besluit jy wie jy gaan help en watter vorm jou hulp gaan aanneem? Of sê jy outomaties ja omdat dit is wat ’n “goeie vrou” doen?
Wanneer jy met ’n ingewikkelde situasie te make het, kan die volgende dalk help:
Om te weet hoeveel verantwoordelikheid ons vir ander moet aanvaar, bly ’n moeilike kwessie. Ons wil ander se welsyn op die hart dra, maar daar is ’n fyn lyn tussen omgee wat iemand bemagtig en omgee wat hulle (en onsself) skade doen. Het ons maar Salomo se wysheid gehad!
Gelukkig kan ons ons emosionele bagasie met bewustheid hanteer deur verwyt en selfverwyt minder vatplek te gee. En wanneer alles te ernstig raak, moet ons dalk maar ’n slaggie lag!
Die volgende tien duiwelsadvokaat-vrae is bedoel om insigte aan te wakker wat jou kan help om versoeke realistieser te benader.
Dit geld nie noodwendig die aansprake van kinders nie – hulle is dikwels ’n spesiale geval.
Daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie – hopelik slegs meer helderheid oor die omvang van jou verantwoordelikheid.
Lees ook: Maak vanjaar jou beste jaar
Hoekom dop studente? Of eintlik belangriker: wat laat hulle slaag? Genoeg breinselle en baie ure…
Beste, maklikste sjokoladekoek! Maak 1 groot of 2 middelslagkoeke Bestanddele 500…
Genoeg vir 5 stafies. Bestanddele 2 velle ryspapier 125 ml (½ k) heuning…
Baie van ons het verlede jaar ‘n klomp lesse geleer het, maar dit beteken nie…
Koop 12 goeie varkworsies en druk die vleis uit die derms vir vinnige frikkadelle. …
Wanneer jou selfvertroue wankel en jy jou glans verloor, kan ’n bietjie hulp van kundiges…
Hierdie webwerf gebruik koekies.