kategorieë: Ons menseBekendes

Raai wie is swanger?

Raai wie is swanger? Deur Ilse Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die stylvolle Daniëlla en haar fotograaf-man Cornel het Maandag die groot nuus gedeel dat hulle babadogtertjie einde Maart 2020 haar opwagting behoort te maak. “Ek is tans 18 weke swanger, en Maart voel skielik om die draai,” vertel ’n stralende Daniëlla.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy vertel dan hoe “diep dankbaar” sy is dat haar swangerskap tot dusver glad verloop, want haar pad om ma te word was tot dusver glad nie maklik nie. “My eerste twee swangerskappe (in 2018 en vroeg vanjaar) het elke keer vroeg geeïndig met ’n miskraam, elke keer rondom 7 weke. Ek het besluit om nie stil te bly oor dit nie, want ek weet nou hoe algemeen dit is. En dalk kan my woorde ook iemand anders help om te besef sy is nie alleen nie!”

Lees ook: Die vele fasette van Daniëlla van Heerden

Daniella vertel dat dit haar baie getroos het om te weet talle van haar vriendinne het ook gesukkel met soortgelyke ervararings. “My eie miskrame was daarom nie vir my so ’n groot skok nie, en ek het ook geweet dat ek nie iets verkeerd gedoen het nie. Ek kon ook met my vriendinne praat oor hul ervarings.”

Die feit dat sy ’n joernalis is, het haar gehelp om die miskrame op grond van mediese feite te probeer benader. “Maar dit is natuurlik ook belangrik om nie jou emosies te onderdruk nie, en vir baie mense is dit belangrik om oor hulle verlies te rou.”

Haar ginekoloog het talle bloedtoetse gedoen, maar die presiese oorsaak van die miskrame is onbekend. “Dis glo dikwels die geval. Sy het toe besluit dat ons nog een keer sal probeer voordat sy my na ’n spesialis verwys.” Daniëlla neem nou verskillende soorte medikasie en spuit haarself ook daagliks in met ’n bloedverdunningsmiddel om ’n miskraam te voorkom.”

Sy vertel opgewonde van die baie eerstes wat sy en Cornel met hierdie derde swangerskap beleef. “Met die vorige twee het ons nooit eers ’n hartklop op die sonar gesien nie, want die embrio het nie sover ontwikkel nie. Dit was dus ’n groot verligting toe ons dié keer wel by die 8 weke-skandering daardie flikkering kon sien, en later, op 12 weke, ook die beentjies wat begin beweeg.”

Volgens Daniëlla het haar miskrame wel gemaak dat sy nie te gou wou opgewonde raak oor haar swangerskap nie. Dis ook die rede hoekom sy nou eers die groot nuus deel. “Dis so half of ’n mens nie weet wanneer jy ’n sug van verligting mag slaak nie. Dit sal dalk maar in ’n mate so wees dwarsdeur my swangerskap, maar dit is nou lekker om te kan sien hoe my lyf begin verander, en dinge voel meer ‘werklik’. Ek sal seker nou die babakamer en ander benodighede moet begin gereedkry!”

Luister ook: Tee & Taai Toffies: Daniëlla van Heerden, moeilike base en ondankbare familie

As jy gehou het van Raai wie is swanger? loer hier vir nog lekker nuus oor ons plaaslike bekendes, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

21 hours Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

21 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

23 hours Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.