kategorieë: VelsorgSkoonheid

Raad vir wintervel

Dr. Alek Nikolic, mediese dokter van Kaapstad met ’n spesiale belangstelling in velverbetering, gee sy beste wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Gebruik ’n room-reiniger

Gedurende die winter word ons vel blootgestel aan temperature wat verander en wat jou vel kan uitdroog. Dit is nou selfs meer belangrik om jou vel te voed. ’n Room-reiniger sal steeds onsuiwerhede verwyder sonder om jou vel van sy natuurlike olies te stroop. Dit is belangrik om jou vel gesond en gevoed te hou, selfs wanneer jy ’n reiniger gebruik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Reinigers vir elke gelaat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Kies ’n ryker vogroom

Jou ligter vogroom moet nou plek maak vir ’n room wat ryker is en meer geskik is vir die winter. Jou vel lyk waarskynlik meer dof en vaal omdat die koue weer en binnenshuise verwarming jou vel van glans en vog stroop. Om jou vel goed te hidreer, sal help met die probleem.

3 Vertrou op vitamien A en C

Voeg vitamien A en C by jou aand se velsorgroetine. Vitamien C is ’n wonderlike anti-oksidant wat help dat pigmentasie minder dramaties voorkom. Dit verhoog ook die produksie van kollageen (wat help om ons vel ferm te hou) en elastien (wat help dat jou vel kan rek ,soos wanneer jy frons, en weer terugkeer na sy normale plek).

Retinol (Vitamien A) het wonderlike kwaliteite, soos dat dit tekstuur verbeter, kollageen- en elastien-produksie aanhelp, die voorkoms van donker pigmentasie verminder, porieë verminder en kleiner laat lyk en ’n mooi glans aan jou vel gee. Dit kan jou wel meer sonsensitief maak en dit is daarom wys om dit in die winter te begin gebruik.

Lees ook: WEN Vitamien C-velsorg van Sorbet!

4 Maak tyd vir spesiale behandelinge

Dis nou die tyd om die sonskade wat gedurende die somer aangerig is te probeer regstel, anders gaan ons velle vinniger agteruit. Gereelde behandeling is nodig om jou epidermis (boonste lagie van jou vel) weer op te bou en so jou vogvlakke te verbeter. Gebruik een tot tot twee keer per week ’n gesigmasker.

Ligte chemiese afskilfering elke vier weke gedurende die winter sal help om jou vel varser te laat lyk, en ook sodat jou produkte beter werk omdat dit beter kan penetreer. Glikoliese suur is ’n goeie voorbeeld van ’n ligte afskilfering wat nie lewendige selle sal verwyder nie, maar steeds ’n growwe tekstuur sal verbeter, kollageen- en elastien-produksie sal verhoog, porieë sal verminder, jou vel bevogtig en ’n mooi glans gee.

Lees ook: Voel en lyk meer energiek

5 Sluit reënboogkleure by jou dieet in

Gedurende die winter voel ons lus vir trooskos. Deur ’n reënboog-dieet te volg, sal jy steeds aan jou vel (en liggaam), die voedingstowwe verskaf wat dit benodig om wintersiektes te beveg en ook help om jou op jou beste te laat lyk. Vir jou vel is geel en oranje vrugte veral goed; maak dus seker jy eet baie patats, mango en ook rooi peper, wat vitamien A bevat.

Klik hier vir ons lys van die beste kleure in kos.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.