Raad vir slaaploosheid op Wêreld Slaap-dag saamgestel deur Catherine Schenck.
13 Maart is Wêreld Slaap-dag en dit fokus op die bewusmaking van die belangrikheid van slaap en die uitwerking van slaapprobleme op ons verhoudings, gesondheid en geluk. Hier is ’n paar interessante artikels om te lees.
Moontlike redes hoekom jy sleg slaap
Het jy geweet dat dinge soos medikasie, menopouse of menstruasie, en te min oefening jou kan laat wakker lê? Loer hier om te sien wat dit is wat jou dalk laat wakker lê, en wat jy daaraan kan doen.
Help, ek slaap sleg wanneer dit vakansietyd is!
Vakansietyd is rustyd … behalwe vir ’n paar van ons wat dan heelnag lank wakker lê.
Loer hier om te sien waarom party mense sleg slaap tydens vakansies.
Wat gebeur as jy sleg slaap?
Al ooit gewonder wat die negatiewe uitwerkings van slegte slaap is? Loer hier.
Die waarheid oor slaappille
Slaappille help jou om te slaap, ja, maar hulle kan ook slegte nagevolge hê.
Loer hier om te sien wat jy nou moet weet.
Hoeveel slaap het jy regtig nodig?
Slaap jy te min, of slaap jy dalk te veel?
Klik hier om uit te vind hoeveel slaap jy nodig het.
Laat werk jou wakker lê?
Ons het raad gekry as bekommernis oor werk jou wakker hou. Loer hier.
Het jy geweet?
Seks laat jou beter slaap! Loer hier om die verrassende voordele van seks uit te vind.
Wat elke vrou oor slaap en menopouse moet weet
Net wanneer jy dink jou slapelose nagte oor die kinders en werk en jou toekoms is verby, kom menopouse – en dit laat jou weer wakker lê.
Loer hier om te sien wat elke vrou oor menopouse en haar slaappatroon moet weet.
Kan ek myself slim, slank en ryk slaap?
Daar is allerhande stories oor slaap wat jou slimmer, slanker en selfs ryker kan maak. Maar is dit waar?
Ons het gaan ondersoek instel – klik hier om te sien wat ons uitgevind het.
’n Slaapdagboek kan help om ’n beter nagrus te kry
Om dagboek oor jou slaappatroon te hou, kan jou ’n beter begrip gee van hoe goed of sleg jy slaap – en die moontlike oorsake daarvan.
Hoeveel slaap het my tiener nodig?
Elke ma wonder hieroor … Loer hier om te sien wat goed vir jou kind is.
Ses dinge wat jou snags wakker hou …
… en ses dinge wat jou kan help om beter te slaap!
Snork is oukei, maar slaapapnee is ’n probleem
Ly jy aan slaapapnee? Loer hier om uit te vind, en om te sien wat jy moet doen.
Hoekom jy jou matras en kussings skoon moet hou …
Stofmyte veroorsaak en vererger allerhande siektes en toestande.
Loer hier om te sien hoekom jy jou matras skoon moet hou.
Slaap jy op ’n slegte matras?
Matras koop is nie perdekoop nie – en dan is dit nog duur ook! Ons wys jou waarop jy bedag moet wees wanneer jy ’n matras koop om te verseker dat jy lekker kan slaap.
Wenke om wakker op die langpad te bly
Onthou hierdie wanneer julle weer gaan vakansie hou. Onthou, wakker bestuurders verseker veilige paaie.
Sommer vir die pret
Hekel en brei die mooiste beddegoed! Loer hier