Raad vir beginnerbeleggers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy die basiese beginsels van beleggings verstaan, kan jy vir jou ’n portefeulje bou wat veilig is, ’n inkomste gee en groei. Waar begin jy? Charlene Prinsloo, hoof van welstandbestuur by Alpha Wealth, gee raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom is dit wys om my geld te belê?

Die eenvoudige antwoord is om vir jou toekoms te voorsien. In onsekere tye soos vandag s’n is ’n inkomste (werk) nie ’n gegewe nie. Deur jou geld te belê en te spaar, verseker jy dat jy jou lewenstandaard kan volhou – voor en ná aftrede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer behoort ek te begin belê?

Hoe vroeër, hoe beter. Beleggings gaan oor hoeveel tyd jou geld in die mark lê – saamgestelde opbrengste wat jy in een jaar verdien oor soveel jare as moontlik.

Hoe begin ek belê?

Die mark het oor die afgelope dekade ontwikkel en gevolglik het beleggingsgeleenthede meer toeganklik geword. Besluit eers watter deel van jou begroting wel beskikbaar is om te kan belê. As jy weet hoeveel geld beskikbaar is, sal dit jou ’n idee gee na watter opsies jy kan kyk. Sekere finansiële produkte het ’n beleggingsminimum.

Foto: Sam Lion vir Pexels

Waarin kan ek belê?

Dit hang van jou beleggingsdoelwit af. Dit is baie belangrik dat jy die onderliggende doelwitte (waarom jy wil belê en wat jy uiteindelik wil bereik), die tyd wat jy het om jou geld in beleggings te hou, en jou risikoprofiel in ag neem. ’n Finansiële adviseur kan jou help om hierdie drie kernaspekte te ontrafel en jou lei om ’n gepaste beleggingskeuse te maak.

Wat is die verskil tussen spaar en ’n belegging?

Tegnies gesproke beteken spaar dat jy geld wegsit sonder die opsie dat die geld in waarde sal vermeerder. ’n Belegging beteken dat jy ’n finansiële instrument koop met die doel dat die geld wat jy daarin belê, van waarde sal vermeerder.

Wat is die drie belangrikste faktore om te oorweeg voor ek my geld belê?

  1. Maak seker jou versekering (kort- en langtermyn, medies en lewens) is alles in orde voordat jy ’n belegging maak. Moet dus nie geld by jou versekering afknyp om te kan belê nie.
  2. Maak beleggings deel van jou maandelikse begroting. Verbind  jouself dus daaraan toe om gereeld te belê.
  3. Doen jou huiswerk voordat jy geld in ’n produk belê, of vra die raad van ’n finansiële adviseur. In kort, as dit te goed klink om waar te wees, dan ís dit te goed om waar te wees.

Lees ook: Maniere om skuldvry te word

Moet ek ’n beleggingsbestuurder hê?

Dit hang af van die tipe belegging wat jy maak. ’n Beleggingsbestuurder is spesifiek gemoeid met beleggingsinstrumente waar prestasie die hoofdoel is. ’n Finansiële beplanner, aan die ander kant, fokus op ’n finansiële doelwit en die formulering van ’n plan om jou te help om hierdie doelwit te bereik. ’n Beplanner stel dus ’n plan  saam met jou op om jou finansiële doelwitte te bereik, maar rus jou ook toe met kennis, en gee leiding soos julle vorder. Finansiële markte kan vinnig verander en nie baie mense het die aptyt vir hierdie veranderlikheid nie. ’n Beplanner kan jou deur hierdie periodes van onsekerheid lei.

Wat is my rol in my beleggingsplan?

Om jouself tot die langtermyndoelwit te verbind, en verbind te bly. Dit is uiters belangrik om voortdurend jou omstandighede, beleggings, en finansiële doelwitte te hersien.  As jy dit doen, sal jy verseker wees dat jou belegging vir jou unieke omstandighede gepas is.

Foto: Andrea Piacquadio vir Pexels

Wat is ‘n risiko-aptyt?

‘n Risiko-aptyt is een van die belangrikste faktore om te bepaal watter belegging(s) jy sal maak. As jy byvoorbeeld van nature konserwatief  is en die idee dat jy jou geld kan verloor jou angstig maak, is dit nie raadsaam om al jou geld in ’n enkele aandeel te belê nie. Aandele is inherent veranderlik op die korttermyn en kan aggressief in waarde swaai.

Lees ook: Takel die finansies voor julle trou

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

10 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

10 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

14 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

17 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.