Deur Salomé Delport. Foto: pixabay.com
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Mangowurms laat mens dink aan ’n gruwelfliek: As storielyn hoe ’n dosyn lewende, onsigbaar klein maaiers sonder dat jy daarvan weet onder jou vel inkruip en begin teer op jou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Na ’n week – jy sal kan sien hoe hulle onder jou vel rondbeweeg en selfs hul feses kan sien – bereik hulle volwassenheid en bars hulle uit as wit, vet volgrootte wurms van sowat 1cm lank. En dan soek hulle nuwe kos …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Elke maaier wat dit regkry om weg te wriemel herhaal hierdie siklus. Een maaier kan 12 miljoen nasate per jaar oplewer.
Wat moet jy weet?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Dit is vir seker mý eerste vraag.
Gelukkig is daar goeie oplossings, en gelukkig is dit taamlik eenvoudig.
In beginsel moet jy die mangowurm versmoor. In die fase waar hy onder jou vel lê en groei moet hy steeds kan asemhaal. Hy doen dit deur die opening in jou vel waarby hy ingekruip het. As jy hierdie gaatjie toestop sny jy sy suurstof af, en gaan hy na ’n uur of twee dood. Vaselien werk die maklikste maar skoenpolitoer is ook baie doeltreffend. Meer daaroor later.
Ons Institute for Non-Communicable Diseases (NICD) het verlede jaar ’n uitbraak in Upington en Kuruman gerapporteer.
Buiten die Noord-Kaap kom die mangovlieg algemeen voor in Gauteng, KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Ook in Limpopo en die Noord-Wes. Net die Vrystaat en Oos- en Wes-Kaap is dit gespaar … tot dusver.
Vanjaar loop Gauteng deur.
Maar die mangovlieg kom oor die hele Sub-Sahara Afrika voor. Jy kan dit dus op jou volgende 4×4-reis opdoen – veral as jy lank wegbly en wasgoed moet was en buite laat droogword sonder om dit te stryk.
Volgens die American Association of Veterinary Parasitologists (AAVP) word kinders meer dikwels deur hierdie parasiete aangeval, vermoedelik omdat die kindervel tipies dunner en sagter as ’n volwassene s’n is.
Die mangovlieg is ’n dik ligbruin vlieg van sowat 1cm lank, met ’n geel kop en pote. Maar volgens die NICD sal jy hulle nie sommer raaksien en uitken nie.
Anders as die bloedsuiende muskiet teiken hulle glad nie mense nie. Hulle voed op vrugte, afval en dieremis.
Daarby is hulle is net vroegsoggens en laatmiddag aktief. Deur die dag skuil hulle graag op oop stoepe en ander beskutte opelugdakruimtes en glo in mangobome.
Daar is nie iets soos ’n piekseisoen vir mangovlieë nie. Hulle is heeljaar aktief. Die wyfie leef sowat twee weke lank, en lê in die tyd twee keer eiers. Een vlieg kan 300-500 eiers lê.
Die wyfie verkies om haar eiers in los grond te lê, maar sy kan ook wasgoed wat buite hang om droog te word teiken.
Die eiers broei binne drie dae uit. Dit het dan sowat ’n week kans om ’n gasheer – en kos – te vind. Daarsonder sterf die jong wurm binne 9-15 dae.
Die wurmpies klou aan grondkorrels of klerevesels vas en swaai punt in die wind rond om aktief te soek na ’n gasheer. Sodra dit aan ’n geskikte gasheer raak – jou vel, ’n hond wat op die grond lê, of selfs jou kaal voete – haak dit en begin in die vel inboor.
Die wurm werk tot allesbehalwe sy heel laaste segment onder die vel is. Hierdie deel bly buite, vir asemhaling.
Nou begin hy groei. Twee tot vier dae later vervel hy, en nog twee dae later weer ’n keer. Na rondom agt dae is die wurm volwasse en gereed om die “nes” te verlaat. Hy “bars” uit, val grond toe en verander binne ’n dag of so in ’n papie.
Anders as die papies van skoenlappers wat net een keer per jaar uitbroei, ontwikkel die papie binne tien dae in ’n mangovlieg – en begin die siklus van voor af.
Die hele siklus duur sowat 4-5 weke. Een wyfievlieg kan dus twaalf siklusse van nakomelinge in ’n jaar voortbring, met 3600-5000 nakomelinge. Elkeen van hulle kan op sy/haar eie ook 3600-5000 nasate produseer, wat uitwerk op sowat 12 miljoen nasate, as helfte wyfies is.
Gelukkig oorleef eintlik min van hulle.
Waar jy dadelik bewus is van ’n muskietbyt is dit baie onwaarskynlik dat jy sal voel wanneer die wurmpie jou vel begin binneboor. Dalk, as jy fyn oplet, sal jy ’n klein rooi opgehewe kolletjie sien wat niks groter is nie as ’n taamlik klein puisie.
Twee, drie dae later verander sake dramaties. Die larwe is nou dubbeld so groot en sy feses veroorsaak ’n seer wat soos ’n pitsweer begin lyk. Die vel raak nou geïrriteerd en jeuk ontsettend. Die seer is rooi en pynlik, met sig wat uitloop.
Soos die wurm groter raak sal jy al makliker kan sien hoe dit beweeg, soos dit voed en woel om meer plek te maak vir sy groeiende lyf.
As jy met ’n vergrootglas kyk na die sweer sal jy duidelik ’n gaatjie in die middel van die “pitsweer” sien waarby ’n punt van die larwe uitsteek – sy asemghalingsgat.
So vier na ses dae bereik die wurm volwassenheid, en sal hy uitkom. Die volwasse wurm is rondom 1cm lank.
Gelukkig hoef jy nie te wag tot die wurm uitbroei nie. Jy kan hom versmoor. Plak ’n dik laag vaselien oor die sweer, met ’n lugdigte pleister bo-oor en wag sowat ’n uur.
Jy kan nou die wurm met jou vingers uitdruk.
Mens moet egter versigtig druk dat die wurm nie opbreek nie. As iets agter bly kan dit tot infeksie lei.
Mense met praktiese ondervinding sê juis daarom is dit beter om te wag tot die wurm 4-5 dae oud is, voor jy hom versmoor en uitdruk.
Mangowurms dra nie ander siektes nie en hou nie ander gevare in nie maar dit is die veiligste – en maklikste – as ’n dokter die diagnose maak en help met die behandeling.
As jy dit tuis behandel en die sweer herstel nie dadelik nie nadat die wurm verwyder is nie, kan dit ’n teken wees dat iets van die wurm self of van sy feses in die vel agter gebly het, wat verder ontsteek. Hiervoor het jy voorskrifantibiotika nodig – en ook hulp om die wurmreste te verwyder.
As die wurmwond septies raak kan die wurms dieper in jou weefsel inbeweeg en gangreen veroorsaak en/of dieper weefsel vernietig. Dit gebeur gelukkig selde.
Voorkoming is die heel beste, en glo my, as jy eers deur so ’n parasitering was, sal jy alles doen wat jy kan om dit vorentoe te vermy.
Die Stad Johannesburg se advies is:
Mense is nie normaalweg die gasheer vir die mangowurm nie. Ons honde wat buite op die grond lê en speel is veel eerder sy brongasheer. Dit is van hulle af dat die mangovlieg sy lewensiklus bedryf en so tuingrond en soms ons wasgoed besmet.
Neem jou huisdiere veearts toe en vind uit hoe om van die infestasie op jou werf ontslae te raak.
Mangovlieg en mangowurm staan onder ander name ook bekend, soos tumbuvlieg, tumbavlieg, putzivlieg, kayor-wurms of meer gewoonweg: velmaaiers.
En eintlik behoort ons te praat van larwes – nie dat dit hulle enigsins minder grillerig maak nie.
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.