Alweer Candida? Hier is raad deur Salomé Delport
Al weer candida? Kyk na die volgende foute wat jy dalk maak:
Om heeldag in klam swemklere te loop
Die swam gedy in klam hitte.
Om in die somer ’n langbroek te dra
Dit skep ook die warm, klam omgewing waarin candida floreer.
Om jou vagina aan parfuum, sepe, poeiers en badolies bloot te stel
Jou vagina is ’n uiters sensitiewe omgewing waar ’n fyn balans tussen organismes, waarvan candida een is, gehandhaaf word. Sulke produkte gooi maklik die balans omver, waarna veral candida handuit ruk en oorgroei.
Om swangerskap as oorsaak te ignoreer
Swangerskap verander jou hormoonbalans, wat jou kans op vaginale candida opstoot. Gelukkig kan die infeksie nie jou baba benadeel nie. Maar wees verstandig oor behandeling: dit is nie nou die tyd om onnodig antibiotika te drink nie. Gebruik liewer ’n room of setpil.
Om te lank te wag voor jy dokter toe gaan
As jy meer as vier keer per jaar candida kry, of drie weke of langer daarmee bly sukkel, is die infeksie moontlik ’n teken van ’n ander onderliggende toestand, soos diabetes.
Lees ook: Skoon grimeerkwassies, ons wys jou hoe