¼ k (60 ml) elk pampoensaad, sonneblomsaad en gevlokte amandels
Quinoa-groentebakkie en broccoli-pesto
Genoeg vir 2 middagetes
Die pesto kan vir tot ’n week in die yskas gebêre word.
Instructions
Spesery geroosterde groente
Verhit die oond tot 200 ˚C.
Meng die knoffel, komyn, vinkel, koljander, gerookte paprika en olyfolie in ’n groot mengbak.
Voeg die groente by die spesery-olie, meng goed en skep in ’n groot oondpan.
Rooster die groente vir 30-40 min, of tot gaar. Voeg die haloumi en saadjies by as daar 10 min. van die roostertyd oor is.
Haal uit en laat afkoel voordat jy dit vir die week in ’n digsluitende houer bêre.
Quinoa-groentebakkie en broccoli-pesto
Verwerk 1 k (250 ml) gestoomde broccoliblommetjies, ’n hand vol vars basiliekruid, 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel, ½ k (125 ml) olyfolie en ½ k (125 ml) kasjoeneute in ’n voedselverwerker tot glad. Geur met sout en swartpeper.
Meng 1 k (250 ml) gaar quinoa met 1 k van die geroosterde groente (*sien resep bo).
Skep dit in 2 kosblikke met ’n skeppie broccoli-pesto en ’n geposjeerde of saggekookte eier.