Quinoa-en-sampioen-risotto met bloukaas slaaisous – verskaf deur Knorr. {Promosie}
Quinoa-en-sampioen-risotto met Knorr Creamy Blue Cheese Slaaisous
Ingredients
- Maklik.
- olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 340 g (2 k) quinoa
- 15 g droë sjiitake-sampioene
- 1ℓ (4 k) sampioenaftrekstel of groenteaftreksel, kokend
- 350 g eksotiese sampioene, gesny
- Knorr Blue Cheese-slaaisous vir opdiening
- gebraaide salieblare, vir opdiening
Instructions
METODE
1 Braai die ui en knoffel in ’n groot kastrol in ’n bietjie olyfolie tot deurskynend.
2 Voeg die quinoa by die ui en knoffel en meng met ’n houtlepel.
3 Gooi die aftreksel oor die quinoa, voeg die sjiitake-sampioene by en kook oor matige hitte totdat die quinoa al dente (ferm maar heeltemal gaar) is. Voeg nog ’n bietjie aftreksel by indien dit droogkook voor die quinoa gaar is.
4 Braai die eksotiese sampioene in ’n bietjie olyfolie terwyl die quinoa kook. Jy kan die sampioene in porsies braai totdat almal goudbruin en gaar is.
5 Sit die quinoa warm voor saam met die sampioene en bedruip met Knorr Blue Cheese-slaaisous. Garneer met die gebraaide salieblare.
Knorr-bobaaswenk: Wanneer jy weer ’n romerige pastasous maak, voeg ’n bietjie Knorr Blue Cheese-slaaisous pleks van sout by.