Serves:Genoeg vir 6-8 frikadelleNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 x 410 g-blikkie witboontjies of cannellini-boontjies, gedreineer
1¼ k (310 ml) gaar quinoa
2 eiers l knypie sout
1 klein ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
3-4 grasuie, gekap
gerasperde skil van 1 suurlemoen
¼ k (60 ml) fetakaas, gekrummel
45 ml (3 e) mielieblom
(½ k) sonneblomolie
Instructions
1 Druk die boontjies in ’n middelslagbak fyn. Voeg die quinoa en eiers by, geur met sout en meng deur. 2 Roer die ui, knoffel, grasuie, suurlemoenskil, fetakaas en mielieblom deur die mengsel. 3 Sit vir 10 min. in die yskas. 4 Verhit genoeg olie oor matige hitte om die burgers vlak te braai. 5 Vorm 4 frikkadelle met jou hande en sit nog mielieblom op jou hande as die mengsel te taai is. 6 Sit die burgers versigtig in die olie en braai vir sowat 5 min. aan die een kant. Maak seker die burgers is krakerig en goudkleurig voor jy hulle omdraai, want dit draai makliker om as die een kant deurgaar is. 7 Dreineer die burgers op kombuispapier en herhaal met die res van die mengsel. 8 Sit die burgers op volgraanrolletjies met roketblare, avokado-en-tamatie-salsa en beet-tzatziki voor.