1 Druk die boontjies in ’n middelslagbak fyn. Voeg die quinoa en eiers by, geur met sout en meng deur.Quinoa-burgers
Ingredients
Instructions
2 Roer die ui, knoffel, grasuie, suurlemoenskil, fetakaas en mielieblom deur die mengsel.
3 Sit vir 10 min. in die yskas.
4 Verhit genoeg olie oor matige hitte om die burgers vlak te braai.
5 Vorm 4 frikkadelle met jou hande en sit nog mielieblom op jou hande as die mengsel te taai is.
6 Sit die burgers versigtig in die olie en braai vir sowat 5 min. aan die een kant. Maak seker die burgers is krakerig en goudkleurig voor jy hulle omdraai, want dit draai makliker om as die een kant deurgaar is.
7 Dreineer die burgers op kombuispapier en herhaal met die res van die mengsel.
8 Sit die burgers op volgraanrolletjies met roketblare, avokado-en-tamatie-salsa en beet-tzatziki voor.