Quinne Brown is ná tien jaar terug in 7de Laan. En nes haar karakter, Connie, het dié pragtige donkerkop ook die afgelope dekade heelwat gegroei en beleef.
Ilse Salzwedel gesels in die Februarie 2018-uitgawe van rooi rose met Quinne oor haar en haar gesin se terugkeer na Suid-Afrika, die sepiewêreld en moederskap.
“Daar is dinge oor ’n mens se geboorteland wat vir altyd in jou hart lê en waaraan jy nie noodwendig woorde kan gee nie. Dinge soos reuke, smake en klanke”
Die Februarie 2018-uitgawe van rooi rose is nou op die rakke! Lees ook in dié uitgawe meer oor die aantreklike George Clooney, André P. Brink se vrou Karina Szczurek, Lea en Trix Vivier en vele meer.