kategorieë: In die nuus

Pyn: Vriend of vyand?

Die wetenskap en liggaamsielmedisyne

Dr. Candace Pert (1946–2013), ’n internasionaal erkende farmakoloog, het bygedra om liggaamsielmedisyne in die tagtigerjare as ‘n regmatige wetenskaplike navorsingsgebied te vestig. Sy is bekroon vir die ontdekking van die opiaatreseptor, ‘n belangrike bydrae tot die ontwikkeling van die neurowetenskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr. Pert het bevind dat emosies nie primêr die produk van ons brein is nie, maar in ons BodyMind ervaar word, tot uitdrukking kom en gestoor word. Volgens haar sluit die BodyMind die organe, kliere, weefsel en selle in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In haar boek “Molecules of emotion: the science behind mind-body medicine” skryf sy:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“’n Emosie wat in ons mind ontstaan, word iewers in die BodyMind (organe, weefsel, vel, spiere en kliere) as ’n peptiede vrygestel. Die organe, weefsel, vel, spiere en kliere het peptiede-reseptors wat toegang kan kry tot emosionele inligting en dit kan stoor. Die emosionele herinnering word met ander woorde op baie plekke in die liggaam geberg. Emosies wat nie uitdrukking vind nie, steek letterlik in die liggaam vas. Hierdie emosies kan die liggaam verander.

“Vasgevange emosies kan deur body work, meditasie, asemhalingstegnieke, spirituele praktyke en ander modaliteite gesneller word. Almal van ons het pynlike herinneringe – mislukkings, teleurstellings, swaarkry, verliese – wat in ons BodyMind weggesteek lê. Dit kan opgespoor, omvorm en vrygelaat word, of geïgnoreer en daar gelaat kan word om te sweer en nooit te genees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Laat hierdie emosies na vore kom. Bring die emosies na ’n bewuste vlak om uitdrukking te vind en geïntegreer te word. Wanneer integrasie plaasvind, sal die natuurlike wysheid van die reseptore enige onderbroke genesingsprosesse vrylaat, en herstellende en regenerende prosesse sal oorneem.”

Bron: www.candacepert.com

Watter kwessies lê agter my kwaal?

*Verskillende liggaamsielmodaliteite verbind ongemak of pyn in spesifieke liggaamsdele of organe met spesifieke emosionele kwessies. Louise Hay, stigter van die selfhelpuitgewery Hay House, het in die jare tagtig baanbrekerswerk gedoen toe sy haar boek “You can heal your life” uitgegee het. Hierin skryf sy sekere siektetoestande aan sekere verstandelike en sielkundige oorsake toe.

Die boek is steeds wêreldwyd ’n topverkoper.

*’n Deeglike, gebruikersvriendelike boek met dieselfde strekking is “Your body speaks your mind” deur Deb Shapiro (verskillende uitgawes, ook beskikbaar as ’n CD-stel by SoundsTrue).

*Vir ’n basiese, minder genuanseerde weergawe van die verband tussen sommige liggaamsdele en “dis-ease”, gaan na
www.drstandley.com/signsandsymptoms_emotions.shtml

*Talle liggaamsielterapeute kan tydens terapiesessies die verband tussen ’n kwaal en ’n emosionele oorsaak aantoon. Dit sluit kinesioloë (wat opgelei word in verskillende vertakkings soos BodyTalk, Touch for Health, en Integrated Health), kraniosakrale terapeute en sekere reiki-terapeute in.

Ada Grobler, kinesioloog en numeroloog van Emmarentia in Johannesburg, het tydens ‘n sessie my oë oopgemaak vir dit wat agter my dekade-oue stryd met kniepyn lê. Kniepyn word onder meer met onbuigsaamheid, vrees vir verandering en trots geassosieer, maar al het ek dit geweet kon ek nooit die kolletjies verbind nie. Ek het vermoed dat my chroniese probleem ‘n emosionele oorsaak het omdat skanderings en ander toetse geen fisieke abnormaliteite in die knie uitgewys het nie.

Deur die spiertoetstegniek eie aan kinesiologie het Ada agtergekom dat die knieprobleem ontstaan het kort na my pa se dood toe ek 21 was. Ek het verantwoordelikheid geneem vir my ma se emosionele welsyn en dit het ‘n patroon geword. Ek voel nou nog verantwoordelik vir sekere mense se welsyn, wat nie net my las swaarder maak nie maar ook nie vir hulle goed is nie. Hulle is immers volwassenes wat na hulself kan omsien. Dis nogal pynlik om te besef dat ek trots was daarop om ander te “help”.

Wanneer my knie nou seer is, kyk ek waar ek vir ander verantwoordelikheid neem. Ada het my ook ’n “tapping”-oefening gegee om my te help om die gewoonte te laat gaan.

Ada Grobler: 011 888 8637 of 082 353 3355.

Asem dit uit!

In “Your body speaks your mind” skryf Deb Shapiro (ek vat dit kernagtig saam):

“Die ervaring van pyn hoef jou nie na pynstillers of ’n ander (tydelike) afleiding te laat gryp nie. Jy kan ook in die pyn ingaan, sonder voorbehoud en volledig, en jou oopstel om te ‘hoor’ wat die pyn sê.”

Shapiro haal Jon Kabat-Zinn aan wat skryf dat verskeie laboratoriumeksperimente met akute pyn bewys het dat mense pynvlakke doeltreffender verminder deur op pynsensasies in te skakel. Kabat-Zinn skryf: “You are trying to find out about your pain, to learn from it, to know it better, not to stop it or get rid of it or to escape from it.”

Shapiro sê wanneer jy jou teen die pyn verset, vererger dit die situasie: “Die bykomende spanning – die vrees vir siekwees, die vrees om nie te kan werk nie, die vrees om ’n invalide te wees – maak die pyn intenser. Deur in die pyn in te gaan, konfronteer ons dit. Vra die pyn om jou te vertel wat jy moet weet, om jou te wys waar jy verbete vasklou, en hoekom. Maak jouself oop om te laat gaan.

‘Breathing into the pain’ is een manier om dit te doen. Pyn laat ons gewoonlik ons asem ophou in ’n poging om die spanning teen te werk. Diep asemhaling laat die spiere ontspan en die stres wegsypel. Dit sal die pyn verminder. Fokus jou asemhaling op die area wat seer is, laat jou asemhaling die selle met suurstof vul, en visualiseer hoe die pyn sagter word en die aftog blaas.”

Sien Your body speaks your mind vir gepaste asemhalingstegnieke.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.