kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kolonkanker: Hoe om jou risiko klein te hou

10 maniere om jou risiko klein te hou

1 Gaan vir ’n roetinekolonoskopie op 50, en dan elke 10 jaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Doen ’n bietjie speurwerk onder die familie, want een uit elke vier mense in ons land met kolonkanker het ’n familielid daarmee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Let op na jou stoelgang. Aambeie veroorsaak meestal vars bloeding maar kolonkanker kan ook. Swart, teeragtige taaiheid in die stoelgang kan ou bloed wees, wat op kanker dieper in die kolon kan dui.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Let op na jou gereeldheid. Gesels met jou dokter as jou patroon verander, onverklaarbaar wissel tussen hardlywigheid en diarree, of as jy voortdurend die gevoel het dat daar iets is maar niks gebeur nie.

5 Let op na pyn oor jou maag ná etes. ’n Koliekerige pyn oor jou maag, ’n gevoel van voortdurende opgeblasenheid of volheid moet liefs opgevolg word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 Eet op die meeste een keer per week braaivleis of steak, want vleis wat vlamgebrand is, baie verbruin is, of gebrand het, word beslis aan kolonkanker gekoppel. Hoender en vis is veilig.

7 Gebruik meer melk, kaas en kalsium. Jy het drie suiwelporsies per dag nodig, of vul aan sodat jy 700-800 mg kalsium inkry.

8 Bly weg van alkohol. Dit verlaag jou folaat wat jou teen kankers help beskerm.

9 Rook veroorsaak DNS-skade wat tot dertig jaar ná jy ophou rook het, teenwoordig kan wees …

10 Hou jou gewig in toom.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.