Serves:Genoeg vir 1 groot tertNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Deeg
100 g amandelmeel
100 g volgraanmeel
45 ml (3 e) psyllium husks (dit help met die uitrol, kry dit by apteke en gesondheidswinkels)
30 ml (2 e) tiemie, fyn gekap
knypie sout
200 g botter
200 g roomkaas
100 g gevlokte amandels
8-10 pruime, middeldeur gesny en pitte uitgehaal
10-12 klein vye, middeldeur gesny
50 g suiker of xylitol
Geskroeide dubbelroomvla
Genoeg vir 500 ml
Dié vla is eintlik poeding op sy eie, maar smaak hemels saam met die tert.
500 ml (2 k) dubbeldikroom (gebruik gewone room as jy nie ander kan kry nie)
1 kaneelstokkie
4 eiergele
60 g suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
60 ml suiker
Instructions
Deeg
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. 2 Meng die amandelmeel, volgraanmeel, psyllium husks, tiemie, sout en botter in ’n voedselverwerker tot krummels vorm. 3 Voeg die roomkaas by en meng tot ’n deeg vorm. Gooi uit op ’n strook kleefplastiek. 4 Druk platter met jou hande en draai die deeg toe. Sit vir ’n uur in die yskas. 5 Rol die deeg 5 mm dik uit op die bakplaat. Bak vir 15 min. Hou maar fyn dop, dit moet net begin verkleur. 6 Strooi eers die amandels oor, dan die pruime, vye en laastens die suiker. 7 Bak vir nog 15 min. tot goudbruin en gaar.
Geskroeide dubbelroomvla
1 Kook die room en kaneel vir 2 min. saam in ’n klein kastrol oor matige hitte. Laat staan vir 10 min. sodat die geure ontwikkel. 2 Klop die eiergele en suiker saam tot dik en liggeel. Gooi die room deur ’n sif by die eiermengsel in, roer deurentyd. 3 Gooi die eiermengsel oor in ’n skoon kastrol en kook oor lae hitte tot die vla begin verdik - dit neem nogal ’n tydjie. 4 Roer deurentyd. Gooi die vla in ’n vlak pannetjie met rande en sit in die yskas om te set. 5 Haal net voor opdiening uit en sprinkel die ekstra suiker bo-oor. 6 Skroei die suiker met ’n blaasvlam tot dit karamelliseer. Sit met die tert voor.