Resep deur Zola Nene vir Juicy Delicious
6 tot 8 porsies
Bestanddele:
Pruime
6 ryp pruime, gehalveer
30 ml (2 e) strooisuiker
½ k (125 ml) water
Tert
125 ml (½ k) strooisuiker
200 g botter, saggemaak
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 groot eiers, geklop
60 ml (¼ k) bruismeel
375 ml (1½ k) amandels, fyngemaak
Vanieljejogurt (opsioneel)
500 g gewone jogurt
30 ml (2 e) versiersuiker
10 ml (2 t) vanieljepasta
Metode:
Voorverhit oond tot 180 °C.
1. Plaas pruime, gesnyde kant bo, in oondbak en strooi suiker en water oor.
2. Plaas in oond en rooster vir 20 minute tot pruime sag is.
3. Spuit tertpan met los boom.
4. In groot bak, verroom botter, suiker en vanielje tot lig en donsig.
5. Klop eiers een-vir-een by.
6. Meng bruismeel en amandels saam. Vou bottermengsel in.
7. Giet mengsel in pan en rangskik pruime bo-op, gesnyde kant na bo.
8. Bak tert vir 45 minute of tot kante goudbruin verkleur.
9. Verwyder van oond en Laat vir 15 minute afkoel. Haal tert uit pan om heeltemal af te koel.
10. Meng jogurt, versiersuiker en vanielje saam. Sit dit saam met die tert voor en strooi ’n bietjie strooisuiker oor.