Dit beloof om ’n aand propvol grappe en lighartige pret vir die hele gesin te wees. Boonop het dié vertoning ook ’n “geen krastaal”-beleid, wat beteken dat die jongspan ook welkom is!
So ook kan besoekers uitsien na groot name in die komedie-bedryf, soos Kurt Schoonraad, Joey Rasdien, Roni Modimola, Neil Green, Farhan Esat, Mel Jones en Andrew Hughes.
Wanneer: 29 Oktober
Waar: Theatre of Marcellus by Emperor’s Palace
Tyd: 20:00
Kaartjies beloop R150 – R250 en kan by Computicket gekoop word.