kategorieë: Blogs

Professionaliteit is ’n pakkie

Voor my staan Justin Bieber. Nie ‘n haar uit sy plek nie, al wil ek die spulletjie kam (en was). Taai van al die smeer- en spuitgoed. Hoe lank het jy vanoggend voor die spieël gehang? Hy sal hang, nie staan nie, besluit ek. Ek vra niks; dink net aan my eie vyf minute vir aantrek, tien minute se droogblaas, met hare nog klam-klam in die kar, onderlaag en lipstiffie in die ry aangesit.
Die hare kan jaloerse jy vergewe, maar dis die outfit, kerm Duiweltjie Nommer Twee. Loshangende kraaghemp bo-oor ‘n T-hemp. Jeans, láág op die heupe. Tekkies, sy veters los.
Jy gaan val, dink ek. Hard val.
Hy draai om. Die outfit! ‘n Rooi-en-wit gestreepte onderbroek loer vir my. Jy’s oud, sê Duiweltjie Nommer Een. Sjuuuuuuttttttt! Jy ook, Duiweltjie Nommer Twee.
Fokus.
Hy’s hier vir ‘n werksonderhoud. Ek probeer luister. ‘n Energieke jong man. Maar die outfit! “Goed, ek gee jou ‘n kans. Los net vir Justin Bieber by die huis.” Hy frons, en snap. “Ek sal gaan klere koop. Dankie.” Uit by die deur. Winkels toe, hoop ek.
Jy’s preuts, outyds, verkramp en vervelig, Duiweltjie Nommer Een probeer weer. Jy’s professioneel, gefokus, dinamies en onwrikbaar, troos Duiweltjie Nommer Twee.
Ek bly wonder. Is my reëls te eng? Ek glo:
• Onderklere kan nie uithang op kantoor nie. Nie eens Justin Bieber s’n nie.
• Leggings is nie ‘n broek nie. As jy regtig moet, los asseblief die kort baadjie en T-hemp. Weet ook: dit werk vir dié met mooi bene en rietskraal-lyfies. Vir die res bly dit ‘n risiko.
• ‘n Springboktrui of sweetpak in ‘n raadsaal of agter ‘n skootrekenaar boesem nie vertroue in nie. Al is jy wie.
• Jeans met gate in kan werk; dit hang net af hoeveel gate waar en wat jy daarby dra. Kortom, ek soek ontwerpersgate.
• Tekkies hoort in die gym. Ek sal jou vergewe op Loslitdag. Net dan.
• En my goue reël: balanseer te veel en te min. Te veel grimering, te veel strepe in jou hare en te veel lae klere werk nie. Te min ook nie . . .
Op sy eerste kantoordag herken ek Justin Bieber byna nie. Sy hemp is ingesteek, sy skoene vasgemaak en blink, sy hare skoongewas. Hmmmm . . . hy lyk soos Richard Gere in Pretty Woman, die outfit werk. Genadiglik.
Richard Gere gaan sit agter sy blinknuwe lessenaar. Hy skuif sy stoel agtertoe. Dan doen hy die onvergeeflike. Hy sit-lê, hande rustend op die nuwe skootrekenaar, ontwerpersoorfone in die ore. Hy werk. Op die strand, maar in my kantoor.
Jy’s preuts, outyds, verkramp en vervelig. Sjuuuuuuttttttt!
Richard, luister mooi:
• As jy werk sit jy regop.
• Oorfone hoort op die vliegtuig of agter jou eie lessenaar of in jou slaapkamer. Nie in my kantoor nie.
• As ek betaal is jou tyd myne. Jy kan Facebook en Twitter soveel jy wil, solank dit help om die besigheid te bou.
• Antwoord jou e-posse. Dadelik.
Dalk is dit die gure Kaapse weer, dalk Augustus wanneer alles onderstebo gewoel en –waai word, dalk die gewaarwording dat ek binnekort nog ‘n jaar ouer is. Duiweltjie Nommer Een en Twee, Justin, Richard en kie, gun my die seepkis-preek: professionaliteit is ‘n pakkie. Die inhoud én verpakking maak saak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tot volgende week,
Marí

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

www.incontext.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

1 day Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

1 day Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

1 day Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

1 day Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.