kategorieë: DieetGesondheid

Gesonde dieetriglyne

Die voedsel gegronde-riglyne (Food-Based Dietary Guidelines) vir alle Suid-Afrikaners is aan die einde van 2013 gepubliseer. Hierdie dieetriglyne is saamgestel om kort, positiewe riglyne aan die publiek te gee ten opsigte van keuses oor voedsel en vloeistowwe. Indien dit gevolg word, sal die dieet aan die voedingsbehoeftes van die populasie voldoen en terselfdertyd die risiko vir siektes soos oorgewig, diabetes, hartvatsiekte en kanker verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die riglyne is as volg

1. Geniet ’n verskeidenheid voedselsoorte
2. Wees aktief
3. Maak stysel (volgraan) deel van die meeste etes
4. Eet gereeld droë bone, ertjies, lensies en soja
5. Eet elke dag baie groente en vrugte
6. Gebruik elke dag melk, maas en/of jogurt
7. Vis, hoender, vleis of eiers kan elke dag geëet word
8. Drink genoeg skoon water
9. Eet vet spaarsamig. Kies groente-olies eerder as harde vet
10. Gebruik suiker en voedsel/koeldrank hoog in suiker spaarsamig
11. Gebruik sout en voedsel hoog in sout spaarsamig
12. Indien jy alkohol gebruik, drink verstandig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gewigsverlies vind plaas omdat jy minder energie inneem as wat jy benodig. ’n Tipiese gewigsverlies-dieet vir ’n volwasse vrou sal ongeveer 5 000 kJ per dag verskaf terwyl die vir ’n volwasse man ongeveer 7 200 kJ sal verskaf. Kom ons kyk na waar die energie vandaan kom en vergelyk dit met die dieet voorgestel deur prof. Noakes.

Energie. Koolhidrate
(± 50% van energie) Proteïen
(± 20% van die energie) Vet
(± 30% van energie)
Man 7 200 kJ – 212 g 85 g 57 g
Vrou 5 000 kJ – 147 g 59 g 39 g

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die proteïenporsie van ’n handpalmgrootte is ongeveer 120 g wat dan gelyk is aan 260 g vir die dag (neem aan daar word met elke ete 120 g geëet).

360 g beesfilet = 111 g proteïen

Die gram koolhidraat op ’n gebalanseerde dieet is dus binne die hoeveelheid van 25 – 200 g koolhidrate per dag wat prof. Noakes aanbeveel vir atlete, maar baie hoër as die 25 – 50 g wat hy vir individue aanbeveel.

Die proteïeninhoud van prof. Noakes se dieet is hoër as die van ’n gebalanseerde dieet, maar vir ’n man is dit nie eens dubbel nie.

Die groot verskil lê dan waarskynlik in die hoeveelheid vet wat geëet word. Dis moeilik om te bepaal presies hoeveel gram vet die Noakes-dieet bevat omdat jy kan eet soveel soos wat jy wil.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

14 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

15 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

15 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

17 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

19 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.