Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn, soos ’n chardonnay van een kelder, maar verskillende oesjare word teen mekaar opgeweeg. Horisontale proe vereis dat jy dieselfde variëteit en oesjaar proe, maar van verskillende streke, of verskillende produsente in dieselfde streek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Jy het nodig: wynproeglase; souterige waterbeskuitjies; water om die glase uit te spoel; spoegbakke; proeblad; skryfgoed om die proeblad in te vul en ’n botteloopmaker.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Maak seker dat die wyn die regte temperatuur is. Wanneer die wyn te koud of te warm is, sal dit die geure beïnvloed. Een bottel wyn sal genoeg wees vir die aanbieder en twintig mense wat proe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Gooi wit tafeldoeke oor die tafels – die wit agtergrond kan jou help om die kleur van die wyn vas te stel. Gebruik skoon, deursigtige glase sodat jy die wyn duidelik kan sien. Helder lig is ’n moet.
Gewoonlik deel twee mense een bordjie waterbeskuitjies en een spoegbak wat maklik bereikbaar moet wees.
Jy kan die wyn blind (draai lappe om die bottel of sit dit in lang bruinpapiersakkies) of oop voorsit en sistematies deur die reeks wyne op die lys werk. Laat die gaste toe om hul menings te lug en by mekaar te leer.
Elke individu ervaar wyn persoonlik en daar is nie ’n regte of verkeerde antwoord nie.
Sterk parfuum of naskeermiddel kan jou reuksintuig beïnvloed. Moenie jou tande kort voor ’n proe borsel nie.
Wanneer jy groente en wyn kombineer, onthou dat party groentes, soos wortels en uie, van nature soeterig is en ’n wyn met ’n effense soetigheid en lae suurinhoud verlang. Vir geroosterde Mediterreense groente met eiervrug, murgpampoentjies, tamatie en soetrissies kan jy ’n wyn met ’n hoër suurinhoud kies, soos ’n sauvignon blanc of selfs ’n volronde merlot.
Sit groentekerries met ’n wyn soos riesling of gewürtztraminer voor omdat dit goed kombineer met spesery gegeurde kos. Skilferdeegvierkantjies met gekaramelliseerde gemmer-en-suurlemoen- botterskorsie gaan saam met effens gehoute chenin blanc.
Lees ook: WEN 12 bottels Kleine Zalze Vineyard Selection-wyne!
Genoeg vir 8 viskoekies Bestanddele Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…
Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Hierdie webwerf gebruik koekies.