Probiotika beveg inflammasie deur sekere gifstowwe te neutraliseer en ander te blokkeer, daarom is dit belangrik dat jy produkte gebruik op jou vel wat probiotika bevat.
’n Amerikaanse dermatolaag, dr. Whithney Bow, sê dat dit wat jy eet ’n uitwerking op jou vel het. Die plaaslike wetenskaplike en stigter van Esse, Trevor Steyn, verduidelik dat probiotika die vel se ekologie kan verander om ’n veelsydige en harmonieuse ekostelsel te skep wat skerp genoeg is om teenslae (veral van vrye radikale) af te weer.
Probiotika versterk jou vel, verlaag spanning en balanseer die vel se pH. ’n Gesonde omgewing vir goeie bakterieë help ook om vrye radikale te beveg. Trevor meen lewende probiotika in velsorgprodukte is die voordeligste, maar dit is ’n baie moeilike proses en daarom is Esse in die stadium om lewende probiotika bevat.
Esse Plus Probiotic Serum
Esse se Plus Probiotic Serum (R1 250) is die eerste produk ter wêreld wat lewende probiotika bevat. Trevor sê dit is al manier waarop probiotika waarlik voordelig vir jou vel kan wees. Die serum bevat meer as ’n miljard lewende mikrobes per mililiter en help om die vel fermer en sterker te maak.
Gatineau Paris Melatogeinine Aox Probiotic Activating Serum
Die Gatineau Paris Melatogeinine Aox Probiotic Activating Serum (R1 095) bevat ’n unieke mengsel van probiotika en antioksidante.
Elizabeth Arden Superstart Skin Renewal Booster
Die Elizabeth Arden Superstart Skin Renewal Booster (R995) is gemik daarop om die vel se sperfunksie te herstel en te verseker dat die res van die produkte die vel beter binnedring. Die room bevat probiotikakompleks wat die natuurlike weerstand van die vel se mikroflora versterk.
Pure Beginnings Sensitive Cream Wash
Hierdie Pure Beginnings Sensitive Cream Wash (R99,99) is nie net ’n lyfwas vir babas nie – volwassenes kan dit ook gebruik. Dit bevat probiotiese bestanddele asook aloe-ekstrak wat help vir sensitiewe velle. Dit bevat ook marula-saad wat die vel voed, help met inflammasie en die herstel van die vel wanneer jy bad.