kategorieë: Leef gesondGesondheid

Pro-veroudering = immerjonk

Laat jou selle praat

In 2001 is stamselle vir die eerste keer in volwassenes opgespoor. Hierdie soort selle is basies ongevormde selle wat “bestuur” kan word om in enige ander spesifieke selle te ontwikkel. Jou liggaam kan dus in ’n mate ou, wanfunksionele selle vervang en homself in stand hou. Elke sel in jou liggaam is deur middel van senuwees in kontak met jou brein. As jou brein-senuwees-sel kommunikasie goed werk, gee jou brein die nodige opdragte om onder meer stamselle in spesifieke soorte selle te omvorm en om jou bestaande selle gevoed te hou. Die gerigte drukpunttegniek hou die brein-sel kommunikasie so goed moontlik in stand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Werk dit? Hetsie Otto, ’n drukpuntpraktisyn, sê mense wat gereeld vir sessies kom, ervaar dat hul vel en spiere geleidelik meer elasties en soepel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenk: Strek lékker uit voor jy opstaan

Bernice Bates is 91 en gee steeds joga-klasse – ’n Guinness-wêreldrekord. Haar geheim? Sy doen hierdie strekke elke oggend voor sy ’n voet uit die bed sit:

1 Strek jou arms ver bo jou kop uit, strek jou bene en gaap heerlik diep.
2 Trek jou knieë op tot op jou bors en rol jou heupe van kant tot kant.
3 Maak jou bene reguit en trap fiets in die lug en strek jou arms na die kante en rol jou skouers vorentoe en agtertoe.
4 En wip uit die bed, reg vir al die opwinding en elke krisis wat jou dag mag inhou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Doen die onderhoudwerk

Jou liggaam is eintlik ’n stelsel van stelsels – jou hart en bloedsomloop, spysvertering, jou hormone, skelet en so aan. Gesondheid beteken elke stelsel werk optimaal – en pro-veroudering beteken jy troetel elke stelsel sodat dit optimaal bly werk. Dit is waar BEST*-toetsing inkom, sê Wendy Christien.

“Hierdie toetsing, gegrond op akupunktuur, wys duidelik watter van jou stelsels dalk nie so goed werk nie. Omdat ons op sellulêre vlak werk, wys dit probleme uit lank voor jy simptome van siekte het. Dit sal byvoorbeeld optel dat jou lewer swaarkry voordat jy duidelike simptome van ’n vervette lewer het. Jy kan dan betyds voorkomend optree en jou lewer ondersteun deur alkohol en te veel vette te vermy.” *Bio-Energetic Stress Testing

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

5 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

6 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.