kategorieë: Ons menseBekendes

Prinses Eugenie trou

Prinses Eugenie trou deur Catherine Schenck. Hooffoto: Steve Parsons – WPA Pool/ Gallo Getty Images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Prinses Eugenie (28), Andrew en Sarah, hertog en hertogin van York, se dogter en die kleindogter van koningin Elizabeth en prins Philip, trou vandag, 12 Oktober 2018, met Jack Brooksbank (32). Hulle het in Switserland ontmoet toe Eugenie 20 was en Jack 24, en dit was glo liefde met die eerste oogopslag. Hulle het vroeër vanjaar verloof geraak. Jack Brooksbank werk in die gasvryheidsbedryf en is tans die handelsmerk-ambassadeur van Casamigos Tequila (wat deur George Clooney gestig is).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na die diens in die St. George-kapel sal daar ’n prosessie deur Windsor wees, en daarna sal koningin Elizabeth gasvrou wees by die onthaal by Windsorkasteel. Daarna volg ’n tweede onthaal by die Royal Lodge, die hertog van York se amptelike woning, en môre sal daar nog ’n onthaal gehou word ook deur die bruid se ouers.

Pretfeit: Die troukoek is ’n rooi fluweelkoek wat deur die koekontwerper, Sophie Cabot, gemaak is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Koninging Elizabeth en Philip se 70ste trouherdenking

Klik hier om nog foto’s van dié paartjie te sien en hier om meer oor hul troue te lees.

Die rok

Prinses Eugenie se rok is ontwerp deur die Britse ontwerpers Peter Pilotto en Christopher de Vos. Die rok het ’n potret-halslyn, lae rug, lang moue en ’n lang sleep. Dis gemaak van geweefte sy-jacqard. Die bostuk is noupassend met ’n breë romp. Sy het geen sluier nie, maar dra wel ’n tiara. ’n Interessante feit oor prinses Eugenie se rok is dat sy doelbewus ’n oop rug wou hê, omdat sy die letsel op haar rug wou ten toon stel. Op 12-jarige ouderdom het sy ’n operasie ondergaan omdat sy aan skoliose ly. Daar is berig dat sy dit wou wys omdat sy ander mense met hierdie toestand wou eer en inspireer.

WINDSOR, ENGLAND – 12 Oktober 2018: Prinses Eugenie van York en haar man Jack Brooksbank op die trappies van die St. George-kapel na hul troue in die St. George-kapel op 12 Oktober 2018 in Windsor, Engeland. (Foto deur Steve Parsons – WPA Pool/Getty Images)

Lees ook: Meghan en Harry trou: ’n Vriendin van Meghan ontleed die dag

Meghan Markle: Prinses persoonlikheid

Familiefoto’s van Harry en Meghan se troue

Wonder jy wat dink Eugenie se ouma, koningin Elizabeth, van dié troue? Loer hier

Hierdie video is van die Briste koninklike familie se amptelike youtube-kanaal

Kyk hier na die uitsending van Prinses Eugenie en Jack se troue by die St. George-kapel.

Hierdie video is van die Briste koninklike familie se amptelike youtube-kanaal

Is jy nuuskierig oor koninklike troutradisies? Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

12 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.