Sy was die wêreld se mees geliefde prinses, soveel so dat daar gereken word dat sy die vrou was wat die meeste afgeneem is (deesdae staan hierdie rekord seker nie meer nie, maar in die dae van film was dit ’n stelling wat nie ligtelik opgeneem is nie). Sy was gereeld in die pers en almal het haar bewegings gevolg – van die gelukkige verhale tot al haar (en ons) hartseer.
Prinses Diana het ses-en-twintig keer die voorbladstories op rooi rose gehaal, agt keer daarvan as voorbladgesig. Ons het selfs ’n uittrekplakkaat van haar en baba Prins William gehad, én patrone sodat jy soos sy kon lyk.
rooi rose-voorblaaie waarop sy verskyn het; of as voorbladgesig, of as een van die hoofstories
Lees hier oor die twee prinse se laaste woorde aan hul ma en hoe sy hierdie jaar onthou sal word.
Kyk hier na die video van Diana se kleinseun, Prins George, se eerste skooldag.
Kan jy uitken watter een van hierdie kleintjies is Diana as kind?