Prins Harry en Meghan Markle gaan trou!
The Prince of Wales has announced the engagement of Prince Harry and Ms. Meghan Markle. pic.twitter.com/rtlAnFCWTf
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) November 27, 2017
Harry het vroeër die maand glo vir Meghan in Londen gevra om te trou. Hulle is sedert 2016 al ’n paartjie en daar is lankal gerugte dat hierdie twee die knoop gaan deurhaak.
Prins Harry het ouers gevra by Meghan se familie – en die antwoord was, natuurlik, ja. Alhoewel dié inligting nou eers bekend gemaak is, weet sy ouma, Koningin Elizabeth, en sy gesin en nabye familie vir ’n paar weke reeds daarvan. William en Catherine het die volgende gesê oor Harry se verlowing: “Ons is baie opgewonde vir Harry en Meghan. Dit was wonderlik om Meghan te leer ken en te sien hoe gelukkig sy en Harry saam is.”
Ms. Markle’s parents, Mr. Thomas Markle and Doria Ragland have wished the couple ‘a lifetime of happiness.’ pic.twitter.com/H4kpTgpkYE
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) November 27, 2017
The Duke and Duchess of Cambridge said of the engagement:
‘We are very excited for Harry and Meghan. It has been wonderful getting to
know Meghan and to see how happy she and Harry are together.’— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) November 27, 2017
Lees hier oor Koningin Elizabeth se 70ste trouherdenking.
Hoewel daar nog nie vaste datums is nie, word die troue moontlik beplan vir (Europese) lente 2018.
Harry en Meghan sal in Nottingham Cottage by die Kensingtonpaleis woon.
The Prince of Wales is delighted to announce the engagement of Prince Harry to Ms. Meghan Markle. pic.twitter.com/zdaHR4mcY6
— Clarence House (@ClarenceHouse) November 27, 2017
Die paartjie sal vanaand deelneem aan ’n TV-onderhoud wat regstreeks uitgesaai sal word.