kategorieë: InspirasieJou lewe

Prikkelplanne om joernaal te hou

8 prikkelplanne om joernaal te hou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Laat jou gesin ’n seisoenjoernaal hou. Aan die begin van ’n nuwe seisoen kan elkeen ’n prent teken, ’n stukkie skryf (of aanhaal) of , ’n blom of blaar pars om in te plak.
  • Wy ’n dagboek aan jou kind. Teken elke aand iets aan as deel van die slaaptydritueel- ’n sêding, ’n klein avontuur soos ’n eerste rit op ’n bakkie, ’n inspuiting, of ’n siekte. (So hou jy moeiteloos boek van jou kind se gesondheid.) Verryk die dagboek met prente, sketsies, uitnodigings of foto’s.
  • Gee jou jong kind ’n dagboek present. Navorsing toon dat niemand meer begeesterd dagboek hou as meisies tussen tien en veertien nie.
  • Kry jy soos Steven Spielberg jou skeppendste idees terwyl jy motor bestuur, kan jy ’n pen en ’n pakkie plaknotas byderhand hou. Skryf die vlietende gedagte by die stopstraat neer en plak dit op die stuurwiel. By die huis plak jy dit in jou dagboek – of in ’n ideedagboek wat in die paneelkissie bly.
  • ’n Dagboek kan jou ’n vreemde taal onder die knie help kry. Hou dagboek in die taal (moenie lui wees nie, span die woordeboek in!) en laat die inskrywings deur ’n kenner nasien.
  • As jy dikwels onthaal, maar dit elke keer op ’n nuwe manier wil doen, kan jy boek hou van wie jy nooi, hoe jy dek en wat op die spyskaart is. Teken sommer aan wie vir skulpvis allergies is en wie vir Belgiese sjokolade by die koffie sal moor.
  • Skryf een of twee maal per jaar ’n brief aan elke kind en hou dit in ’n lêer. Wei uit oor jou kind se geite, groei, maats, voorkeure en prestasies. Jy sal vêr soek vir ’n kosbaarder mondigwordinggeskenk.
  • As jy en ’n vriendin gereeld per e-pos gesels, het jy ’n lekker verslag van jou doen en late. Bêre dié “dagboek” op ’n skyf of druk dit uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hou só dagboek, sê Lisa de Waal

Wees altyd eerlik tot op die seerste senu wanneer jy met jou dagboek gesels. Bêre jou dagboek op ’n plek waar geen mens dit sal kry nie, sodat jy veilig voel. Begrawe dit in jou tuin. Sit dit in ’n trommel agter slot en grendel in jou vrieskas. Bewaak dit met jou lewe, want dit is jou lewe. Nou kan jy al jou sondes skaamteloos neerskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Aantal kilogramme bobeenvet opgetel. Of hopelik verloor.
  • Aantal kere nie gim toe gegaan nie.
  • Aantal kalorieë verslind.

Skryf ook al jou goeie dade neer:

  • Jy’t ’n straathond kos gegee.
  • Jy’t ‘n aggressiewe motoris wat vir jou toet vriendelik gegroet.
  • Jy’t jou kêrel se skottelgoed gewas.
  • Jy’t vir ’n bedelaar ’n geldjie gegee.

Skryf al jou hartsake neer: die wat jy nie vrou genoeg is om hardop te sê nie. Miskien gee dit jou die vrymoedigheid om dit uit te blaker (of om iets daaromtrent te doen).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Jou kêrel ruik na knoffel en uie as hy jou soen.
  • Jy het jou buurman se papegaai met ’n kettie geskiet.
  • Jou beenhare is ses weke (te) lank.

Sorg elke dag vir ’n positiewe inskrywing:

  • Jy’t hare gewas in die reën.
  • Jy’t heiningblomme gegaps en langs jou bed gesit.
  • Jy’t onder die volmaan op die muur met jou rooi hoëhakskoentjies gedans.
  • Jy’t iets moois in ’n boek of die Bybel raakgelees.
  • Verbeter jouself deur jou dagboek elke maand terugwerkend te bestudeer asof dit iemand ander s’n is. Hopelik word dit ’n boek van inspirasie en insig eerder as die klaagliedere van Jeremia.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.