250 g (280 ml) koue botter, in blokkies gesny
90 ml (6 e) versiersuiker
600 ml (315 g) meel
Versiersuiker
125 ml (½ k) versiersuiker
15 ml (1 e) suurlemoensap voedselkleursel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Sif die meel en die versiersuiker saam. Sit saam met die botter in die voedselverwerker. Verwerk tot die bestanddele aan mekaar begin kleef.
2. Keer op ’n skoon werkvlak uit en bring bymekaar tot twee deegballe gevorm het. Druk dit effens plat, bedek met kleefpapier en verkoel in die yskas.
3. Sit die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak en rol dit ±3 mm dik uit. Druk die koekies met ’n blommetjie-koekiedrukker uit. Sit op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat vir ±10 min. in die yskas rus.
4. Bak vir ±8 – 10 min. of tot goudbruin.
Versiering
Meng intussen die versiersuiker en suurlemoensap en voeg ’n paar druppels voedselkleursel by. Skep die versiersuiker in ’n spuitsak met ’n baie dun ystertuit. Jy kan ook ’n plastieksakkie gebruik en die hoek met ’n skêr afknip. Versier deur blompatrone op die koekies te maak.